Fortuinkoekies
Ingredients
- 2 eierwitte
- 80 ml (1⁄3 k) strooisuiker
- 80 ml (1⁄3 k) koekmeel, gesif
- vanieljegeursel
- 45 ml (3 e) botter, gesmelt
Instructions
Voorverhit die oond tot 160 °C. Sny ’n 8 cm-sirkel uit asetaat (transparantpapier). Gebruik die deel met die gat in. Sny papiertjies van 12 cm x 12 cm en skryf Moedersdagboodskappe daarop.
1 Klop die eierwitte tot sagte punte vorm. Klop die suiker geleidelik by.
2 Vou eers die meel in, dan die vanielje en botter.
3 Sit die asetaatstensil op ’n bakplaat met ’n silikoonmat (silpad). Skep ’n plat eetlepel van die deeg in die middel van die stensil. Smeer plat en egalig, herhaal. Maak twee koekies op ’n slag. Verwyder die stensil en bak vir sowat 5 min. tot die kante begin verkleur.
4 Hou die bakplaat in die oond om die koekies langer buigbaar te hou. Maak die koekies met ’n paletmes los. Sit ’n boodskappapiertjie in die middel van elke sirkel, vou toe om ’n halfmaan te vorm en vorm oor die rand van ’n koppie sodat die halfmaankoekie op sy rugkant oor die koppie hang. Laat afkoel. Herhaal met die res van die deeg.