Forel met neutbotter en vars sitrus deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabe. Foto: Lindy Kriek
Forel met neutbotter en vars sitrus
Serves: 6-8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Neutbotter
- • 100 g makadamianeute, gekap
- • 100 g amandelvlokkies
- • die gerasperde skil van 2 suurlemoene
- • die gerasperde skil van 1 lemoen
- • 2 knoffelhuisies, gekneus
- • ’n hand vol pietersielie, gekap
- • ’n hand vol dille of vars vinkeltakkies, gekap
- • 150 g sagte botter
- Vis
- • 2 x 1,5 kg-forelle, skoongemaak en grate verwyder
- • 30 ml (2 e) olyfolie
- • gemaalde sout en peper
- • 2 suurlemoene in ringe gesny – kom binne en op die vis
- • suurlemoenblare en vars kruie soos dille en vinkel – kom op die vis
Instructions
1 Berei matige kole voor. Rooster die makadamianeute en die amandelvlokkies in ’n pan tot liggoud en laat afkoel.
2 Meng die neute en die ander bestanddele vir die botter saam en hou eenkant.
3 Geur die vis aan die binnekant met sout en smeer ’n dik laag van die botter in elkeen. Sit 4 van die suurlemoenringe op die botter.
4 Vou die vis toe en knoop op 3 plekke met kombuistou vas.
5 Druk die kruie, suurlemoenblare en die res van die suurlemoenringe onder die kombuistou in.
6 Braai die forelle oor die matige kole aan die een kant tot die oë ondeursigtig begin word en die vis maklik met ’n vurk kan vlok.
Lees ook: Maak die lekkerste forelpatee
Catherine Schenck
Lees Meer
Dadelkoek
16/01/2025