kategorieë: BekendesOntspanning

Forbes se top betaalde aktrises van 2014

Eerste op die lys met ’n inkomste van $52 miljoen, oftewel sowat R673 390 385, is Jennifer Lawrence. Dié Hunger Games-aktrise was verlede jaar in rolprente soos Serena en X-Men: Days of Future Past te sien en het algeheel tydens haar loopbaan in meer as 15 films rolle vertolk. Lees ons onderhoud met Jennifer hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Volgende is Scarlett Johannson met ’n inkomste van $35.5 miljoen, oftewel R459 612 296. Johannson was om en by $10 miljoen per rolvertolking betaal en het verlede jaar in die rolprente Captain America: The Winter Soldier, Chef en Lucy gespeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Derde is Melissa McCarthy met ’n inkomste van sowat $23 miljoen, oftewel R297 927 402. Sy het verlede jaar die hoofrol in die bekende rolprent Tammy, waarvan sy ook die draaiboekskrywer en uitvoerende vervaardiger was, vertolk en het ook in ander rolprente soos Spy en St. Vincent gespeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vierde op die lys is die Chinese-aktrise, Bingbing Fan, met ’n inkomste van $21 miljoen, oftewel R271 961 096. Fan is die enigste nie-Amerikaanse aktrise in die Top 5 te danke aan haar rolle in The White-Haired Witch of Lunar Kingdom en X-Men: Days of Future Pastsaam met Jennifer Lawrence.

Laaste is bekende Friends-aktrise, Jennifer Aniston, met ’n inkomste van $16.5 miljoen, oftewel R 213 648 187. Sy het verlede jaar in die rolprente, Cake, Horrible bosses 2, She’s funny that way en Convention verskyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.