kategorieë: TrendsMode

Fokus op oorringe

Deur Bea Lingenfelder Hooffoto: pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nuwe lengtes

Skouerlengte-oorringe is vir ’n rukkie al groot nuus en baie gewild. Boonop pas dit amper by enige styl of gesigvorm. Dit kan jou nek slanker laat lyk, maar in dieselfde asem kan dit net so vinnig jou neklyn laat verdwyn … Dus moet jy ’n lengte kies wat vir jóú reg is: die onderste punt van die oorring moet net-net oor jou skouer skuur as jy jou kop draai. As jy ’n meer dramatiese voorkoms wil probeer, eksperimenteer met oorringe waar die punte op jou sleutelbeen rus. Hierdie opvallende lengte skep ’n verslankende illusie en boonop beklemtoon dit jou sleutelbeen. Die laasgenoemde styl werk baie goed by oopskouer-toppies, waar jou skouer en sleutelbeen ontbloot is. Maak seker dat jou hemp nie te besig is by jou skouergedeelte nie, byvoorbeeld met valle en borduurwerk, want dit kan die doel van die oorringe teenstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Buitengewone knoppies

Ons almal het daardie klassieke paar diamantjies of pêrels en hoewel dit tydloos en veilig is, moedig ons jou aan om ’n bietjie te waag. Jy sal verbaas wees hoe baie ’n paar eenvoudige knoppie-oorringe jou voorkoms kan beïnvloed! Die style van die tagtigerjare keer op die loopplanke terug, maar nie almal van ons is groot aanhangers van daardie kenmerkende effekleurknoppe en -hoepels nie. Die styl word gemoderniseer met borduurwerk, blinkers en diamant-afwerking wat jou ’n fokusitem van 2018 bied. Kies ’n grootte wat by jou gesigvorm en ore pas – moenie ’n knoppie die grootte van ’n R5-munt forseer as jy klein ore het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kies slim met diamante

Wie kan nee sê vir ’n skitterende diamant? Diamant-oorringe is sinoniem met deftig en jy sal nooit verkeerd kan gaan met ’n klassieke enkelstring-oorring of -halssnoer nie. Ontwerpers soos Dior bewys egter ook dat meer soms mooier kan wees, maar daar is tog ’n dun lyn wat die waarde van jou diamant-bykomstighede bepaal. Replikas (“costume jewellery“) het veroorsaak dat dit moeilik is om tussen egte en nagemaakte juwele te onderskei. Ons moedig jou aan om in ’n duursame ontwerp te belê as dit moontlik is. As jy op ’n kandelaarstyl besluit, dra dit alleen as fokusitem.

#rrwenk: Te veel blink of diamante saam kan vinnig nagemaak lyk, waar ’n meer klassieke styl dikwels in waarde styg.

Speel met motiewe

Ons is baie opgewonde oor al die motiewe en vorms wat tans in bykomstighede voorkom. Tropiese woude, diere, vrugte, geometriese style, hoepels en balle … Dit maak dit soveel makliker om jou uitrustings in ’n knipoog op te kikker. Nou het jy geen verskoning om vaal te lyk (en te voel) nie. Selfs jou klassieke style kan vernuwe word met ’n moderne motief. Ons moedig jou aan om met al hierdie keuses te eksperimenteer – vind ’n oulike dieremotief wat tot op jou skouer hang en trek dit saam met ’n maksirok of denim aan. Blaarmotiewe word deesdae herhalend op loopplanke gesien in winter- en somertrends. Maak seker jy het ten minste een waaghalsige styl wat jy op daardie spesiale geleenthede kan uithaal en met selfvertroue dra.

Meng materiale

As buitengewone vorms effens te uitdagend vir jou voel, kan jy altyd met materiale rondspeel. Tossels is orals te sien en word elke keer met net nog meer drama bekendgestel! Pom-poms bied ’n speelsheid vir beide jou voorkoms én gemoed. Dit kom boonop dikwels in helder kleure voor, wat beteken dat jy nie in die oggende jou kop hoef te krap oor hoe jy jou uitrusting interessant kan maak nie – voeg ’n paar pom-pom-oorringe by en trotseer die dag met ’n huppel in jou stap.

Is jy lief vir uitdagings? Meng verskillende materiale bymekaar, byvoorbeeld skulpe saam met pom-poms, of vere, stene en tossels.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

3 hours Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

4 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

1 day Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

1 day Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.