kategorieë: Leef gesondGesondheid

Fokus op laer soutinname hierdie Soutbewustheidsweek

Fokus op laer soutinname hierdie soutbewustheidsweek saamgestel deur Catherine Schenck

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie 10 kosse bevat die meeste sout

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voordat jy sout by jou kos voeg, is dit belangrik om te weet dat daar sekere kosse is wat reeds heelwat sout bevat! Het jy geweet, byvoorbeeld, dat brood en smeerkase hoë hoeveelhede sout bevat. Loer hier om uit te vind wat die 10 kosse is wat die meeste sout bevat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die porsiegeheim wat enige dieet sal laat werk!

Dis makliker as wat jy dink om jou soutinname te verlaag!

Dis dalk moeilik om te verbeel hoe jy jou soutinname kan verlaag  – of, nog erger, om sout uit te sny wanneer jy kook! Dis egter baie makliker as wat jy dink om met minder sout te kook en om dit te vermy wanneer jy uiteet. Ons deel die 10 slimste maniere om slegte sout te vermy – klik hier.

Ons het ook die 14 maklikste maniere gevind hoe jy minder sout kan gebruik op ’n daaglikse basis. Klik hier om meer uit te vind.

Lees ook: Hoekom dit belangrik is om jou middagetetyd te neem

Daar is soveel verskillende tipes sout op die mark. Is daar ’n gesonder opsie?

Pienk sout, gejodeerde sout, ongejodeerde sout, Himalajasout … Hoe maak mens sin van al hierdie verskillende tipes sout, en is daar een wat gesonder is?

Ons het gaan ondersoek instel om uit te vind wat die verskil tussen gejodeerde en ongejodeerde sout nou eintlik is, en of klipsout en pienksout regtig gesonder is as gewone tafelsout … Loer hier.

Sout soute is stout

Ons gesondheidsjoernalis, Salomé Delport, het gaan ondersoek doen oor watter soute beter is vir ons. Dis wat sy bevind het:

Die natrium (sodium op Engels) in gewone tafelsout is ongelukkig taamlik ongesond vir jou bloeddruk en jou hart.

Hier is twee ewe lekker en baie gesonder alternatiewe vir jou: Woolworths se Low Sodium Salt, met 40% minder natrium as gewone tafelsout; en Nature’s Choice se No Salt Salt wat kaliumchloried pleks van natriumchloried bevat.

Verder het Salomé gaan uitvind oor Himalajasout:

Mite: Himalajasout is gesonder vir jou hart.
Feit: Dit lyk mooier op die tafel maar dit bevat net soveel natrium, die nadelige bestanddeel, as gewone tafelsout.

Lees ook: 6 slim teenveroudering-truuks

Lees ook: Tekens van lae vitamien B12-vlakke

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

21 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

21 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.