Ancient etheral
Geïnspireer deur Game of Thrones, die gewilde televisieprogram.
Herkenbare elemente:
- Wispelturig
- Sci-fi
- Handgemaak
- Duur handwerk en stukke van weleer
- Victorianism
- Versier en verfraai
- Dun sy, kant, organza, en sagte plooitjies
Voorbeelde
Simone Rocha – pêrels, wit en vroulik
Sarah Burton vir Alexander McQueen – rokke deur motvlerke geïnspireer
Ghetto Gothic
Die nuwe rebelse beweging, die reëlbrekers. Dit word gesien as kruisbestuiwing van verskillende kulture waar die tradisionele Indiese versierings gereeld gesien word.
Herkenbare elemente
- Oordadige punk
- Stedelik, atletiese en tegnologiese cyber-fushion
- Gekleurde hare en baie goud of silwer
Voorbeelde
Venus X
Jana en Koos
Street Goth
Hierdie trend is vir die manne, dit is donker en gedekonstrueer en daar is gereeld ’n spel met die embleem van klere.
Voorbeelde
Mort
Hood by air
Die antwoord
Asian Wave
Dit is die ideale man van Asië, met ’n belangstelling in kunsmusiek en tegnologie. Daar is groor belangstelling in Oosterse ontwerpers se estetiese konstruksie.
Herkenbare elemente
- Superfiks
- Uitgeknip
- Korporatief
Voorbeelde
Jason Woo
Alexander Wang
Oorspronklike Issey Miake van die verlede
Prada – Wêreldwye veldtog met slegs Oosterse modelle
Return of the Rude Boy
Die trend is oorspronklik van Jamaica, en is nou enige gesofistikeerde, elegante man uit Afrika. Hulle daag mekaar uit om te sien wie die beste kan lyk.
Herkenbare elemente:
- Dapper
- Manlik
- Satiries
- Passiewe weerstand
Voorbeelde
Guinness-advertensie
Simon and Mary
Bland leading the bland
Daar is mense wat heeltemal weg beweeg van mode, en daardeur maak hulle ’n nuwe trend! Dié is die nuwe grunge beweging. In die einde lyk hulle soos Jerry Seinfeld of Steve Jobs.
Voorbeelde:
- Birkenstock skoene
- Mary-Kate en Ashleigh Olsen
- Asseblief
Mature Couture
Die baby boomers tree nou af, maar hulle is nie moeg nie. Hulle het geld om te spandeer en geniet hul lewens ten volle.
Herkenbare elemente:
- Modelle bo 65 jaar
- Wil vir altyd lewe
Voorbeelde
Carmen Dell’Orefice – Die oudste werkende model.
Iris Apfel (92 jaar oud)
Nick Wooster
Advanced style dokumentêr
Emerging Youth
Hierdie tendens gee ons hoop vir die toekoms. Daar is ’n groep jongmense wat teen tegnologie en bekendheid baklei.
Die herkenbare elemente:
- Omhels en vrees tegnologie
- Smag na egtheid
- Omhels onvolmaaktheid
Voorbeeld
Sonny Green – sing oor die jeug wat nie die volwasse wêreld op hulle gedwing wil hê nie.