1. Lees altyd die aanwysings op die etiket oor hoe jy jou fluweel-item moet skoonmaak. Sekere fluweel-tipes kan jy slegs laat droogskoonmaak.
2. As jy twyfel, neem jou spesiale rok of baadjie na ’n professionele kenner.
3. Gebruik ’n stomer om kreukels te verwyder. Draai altyd die kledingstuk se buitekant binnetoe. Jy kan ook die item in ’n stoomgevulde kamer hang.
4. Moenie fluweel stryk nie. Die hitte en gewig van die strykyster sal die grein van die materiaal beskadig en ’n merk agterlaat.
5. Berg jou fluweel-items sorgvuldig en moenie vou nie. Bêre baadjies in ’n horisontale posisie in jou kas of in ’n groot klereboks. Jy kan ook die klere met sneespapier stop om die vorm te behou.
Gaan loer na stap-vir-stap wenke by www.wikihow.com/clean-velvet