kategorieë: Ons menseBekendes

Fluit-fluit, Top Billing se storie is uit

Fluit-fluit, Top Billing se storie is uit. Inligting en foto’s verskaf. Vertaal en versorg deur Ilse Salzwedel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Fluit-fluit, Top Billing se storie is uit

SABC 3 se gewilde joernaalprogram,  Top Billing, loop na ‘n ongelooflike 27 jaar ten einde. Die laaste episode word more (19 Oktober om 18h00) uitgesaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dié aankondiging is gister gedoen deur die SABC se tussentydse uitvoerende groephoof vir televisie, David Makubyane.

Top Billing, wat beskou word as een van die kanaal se vlagskip-programme, het vir byna drie dekades gesorg vir ‘n kykie op die goeie dinge van die lewe, soos van Suid-Afrika se mooiste huise, asemrowende bestemmings wêreldwyd en die glanslewe (en troues!) van plaaslike bekendes en internasionale supersterre.

Makubyane het gesê dat die program van die begin af die maatstaf gestel het vir Suid-Afrikaanse leefstylprogramme. Hy het Tswelopele Productions bedank vir hulle toewyding aan ‘n wêreldklas-produksie, en het ook sy dank uitgespreek teenoor kykers en ander belanghebbendes vir hulle lojaliteit aan die program.

Top Billing – die breinkind van Patience Stevens en Basetsana Kumalo – was vir jare die portaal waardeur kykers van hul alledaagse lewens kon ontsnap na die glansryke wêreld van vermaak, leefstyl, mode, reis, dekor en ontwerp.

Dit was sedert Oktober 1992 op die lug, en die eerste episode – met Michelle Garforth en Neil McCarthy as aanbieders – is verfilm met een kamera in die SABC se Henley-ateljees. ‘n Spesiale Kersfees-episode wat in ‘n luukse huis verfilm is, was die draaipunt wat die toekoms van die reeks bepaal het, en sedertdien het dit ontwikkel tot ‘n spogproduksie.

Patience en Basetsana se gesamentlike reis het kort na die première van die reeks begin. Nie net het hulle vriendinne geword nie, maar in 1995 ook die stigters van Tswelopele Productions, die vervaardigers van Top Billing die afgelope byna kwarteeu. Beide het die SABC bedank vir die geleentheid om die program te kon vervaardig, nuwe sterre te ontdek en talle werksgeleenthede te help skep terwyl dit boonop as vertoonvenster kon dien vir plaaslike talent.

Verskeie bekendes se loopbane het behoorlik vlamgevat danksy Top Billing. Dink maar aan Dr. Michael Mol, Ursula Chikane, Jeannie D, Tumisho Masha, Lorna Maseko, Michelle Garforth, Janez Vermeiren en wyle Simba Mhere. Talentsoektogte vir nuwe aanbieders het kykers bekend gestel aan nuwe aanbieders soos (onder andere) Jonathan Boynton Lee.

Onthou om môre (19 Oktober om 18h00) op SABC3  in te skakel vir die finale episode van Top Billing.

Tot Maart 2020 kan jy ook kyk na herhalings van die hoogtepunt van die afgelope 27 jaar se programme.

Vir nog nuus oor Suid-Afrikaanse vermaak, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

7 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

8 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

9 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

9 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

11 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.