kategorieë: BlogsOntspanning

Fluisterfrustrasies

Na ’n tawwe, propvol derde kwartaal, besluit ek en die ou man om Saterdagaand die kans te benut om Ouma en Oupa te laat kinders en babahond oppas. Kan nie onthou wanneer laas ons kon uiteet én fliek nie en ons het dit met oorgawe gedoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sondag staan ek met ’n effense seer keel op en drink maar al om die ses uur ’n sluk griepdoepa.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maandagoggend voel dit asof ek ’n bak duwweltjies ingesluk het. Daar kom net ’n geforseerde fluisterkwaak uit my keel – en toe niks.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lekker ou laringitis.

Boonop op die eerste weeksdag van die kort wekie skoolvakansie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die kinders kyk my geamuseerd, dog simpatiek aan. Die hond knor vir my en byt my tone.

Ek voel soos ’n vis op ’n rivierwal. Mond oop, mond toe; geen klank nie.

Dinge wat ontvou as ’n ma met laringitis opstaan:

* Die bejaarde kat grom en blaas as jy beduie hy moet optstaan, jy wil bed opmaak. Gewoonlik berei jy hom voor met woorde soos: “Nog vyf minute lê, dan moet ons opstáán … Maar, dan kan jy weer lekker kom lê …” Nou is hy sissende en siende blind vir jou paaiende handgebare.

* Die kinders hoor ten spyte van definitiewe handgebare nie hulle moet beddens opmaak en kamers opruim nie.

*Die hond blaf vir jou, want fluister klink soos ’n baie lekker nuwe speletjie.

*Die hond piepie op die gang- en kombuisvloer want jou gefluister klink baie soos die psss-psss-geluid waarmee jy haar al vir twee en ’n half weke á là Pavlov kondisioneer om ’n draai in die tuin te loop.

* Die Checkerskassier giggel senuweeagtig want hy verstaan nie hoekom jy geheimsinnig fluister dat jy asseblief ’n sakkie wil hê nie.

* Mense wat jou stormloop en groet in die mall, lyk afgehaal omdat jy nie ewe luidrugtig en sprankelend teruggroet nie.

* Die DriveThru-assistent lyk ietwat geskok as jy vra vir ’n “Number 2” omdat dit net makliker is as om die gemorskosete se uitgebreide naam te probeer fluister.

* Die wassery-eienaar knik instemmend as jou kind verduidelik dat sy asseblief die strykgoed moet aflewer laatmiddag. Die strykgoed het 18 uur later egter steeds nie opgedaag nie.

* Jou selfoon lui en lui en lui, want jy kan nie antwoord sonder ’n stem nie. En, as die persoon nie op WhatsApp is nie, kan jy met die nuwe selfoonpakket wat geen SMS’e het nie, ook nie die persoon laat weet waarom jy nie antwoord nie.

* Die nors buurvrou wat reeds vir twee jaar van mening is dat jy haar opsetlik ignoreer as sy met die kerk se kollekteerlyste voor die hek staan terwyl jy stofsuig en nie die klokkie hoor nie, loop gelukkig weer ’n wye draai om jou hek. Om fluisterend aan haar die stemsituasie te verduidelik, sou dalk net haar “jy is vreemd”-vermoedens bevestig.

Die enigste pluspunt na ’n lang dag van fluisterfrustrasies, is dat jou ander helfte nie hoor as jy laataand vanuit die TV-kamer fluister dat jy later die kombuis sal kom opruim, hy kan maar gaan slaap, nie. Dan maak jy laatnag in jou reeds skoon kombuis vir jou ’n koppie tee met net genoeg heuning om die seer stembande te lawe, maar nie die stem heeltemal te herstel nie. Fluister het sy voordele.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.