Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n muffinpan met ’n inhoudsmaat van 180 ml (¾ k) met kleefwerende kossproei. 1 Smelt die botter en stroop versigtig saam in die mikrogolf. Meng die meel, vrugte, amandels, sitrusskil en kersies by. 2 Skep opgehoopte teelepels van die mengsel in elke holte van die muffinpan. Druk plat en bak vir sowat 10 min. tot goudbruin. Laat vir 10 min. in die pannetjie afkoel, lig uit met ’n mespunt en laat verder op ’n draadrakkie afkoel, herhaal met die res. 3 Smelt die sjokolade op die ontvriesstelling in die mikrogolf. Doop die plat onderkante van die afgekoelde Florentines in die sjokolade en laat effens set (sjokoladekant na bo), maak nou met ’n vurk golfpatrone in die sjokolade en laat heeltemal set.