Deur Cornel Dunn
Fokusmuur
Skep ’n fokusmuur om ’n verskeidenheid geometriese elemente te komplimenteer. Gebruik maskeerband om verskillende vorms op jou muur te ontwerp. Die verf in hierdie foto is Gold Tweed en Agean Splendour van Plascon.
Hangligte
Die eenvoud van die ontwerpe van die hangligte maak dit geskik om in ’n groep te kombineer.
Babakamer
Skep ’n tydlose babakamer met verskillende patrone en ontwerpe. Hou die kleur minimaal vir die beste resultate.
Patrone
Kombineer gerus verskillende patrone in kontrasterende kleure. Hou net die elemente min.
Muurplakkers
Muurplakkers is beskikbaar in byna eindelose ontwerpe. Dis boonop maklik verwyderbaar.
Ingangsportaal
Skep ’n eenvoudige ingangsportaal deur met vorms te speel.