kategorieë: KalenderOntspanning

Finery Kunstefees 2017

Die tweede Finery Arts Festival (TFAF) beloof om besoekers te verheug met die beste plaaslike nuwe musikante, teaterproduksies en kontemporêre kuns (Artistry), ’n reeks van die lekkerste kosse en deliprodukte (Eateries) asook ’n wynproe-geleentheid van ’n spesiale seleksie wynplase (Wineries). (Roastery) is vir die koffiekenners en opwindende craft-distillerywerkswinkels (Craftery).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

TFAF is ’n kreatiewe spasie in ’n puik ligging, waar gehore die kunstenaars Majozi, Rubber Duc, Gerald Clark en vele meer kan geniet. Daar is teaterproduksies, kontemporêre kuns – alles ingesluit in een toegangsfooi. TFAF is ook ’n plek waar gesinne en vriende saam kan kuier terwyl hulle smul aan lekker kos van die Finery Eatery of die nuutste Suid-Afrikaanse wyn en craft-drankies geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die TFAF wil ook kulture bymekaarbring. Is daar ’n beter manier om dit te vier as met ’n witwarm salsapartytjie?Salsa into the Sunset word aangebied deur Estilo Cubana saam met die TFAF en vind plaas op 30 September om 18h00. As jy ’n dagkaartjie het, sal R120 jou toegang waarborg tot Salsa into the Sunset. As jy net die partytjie wil bywoon kos kaartjies R100 en gaste word toegelaat van 17h00 af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Kids Funnery is die nuutste bykomende aanloklikheid by TFAF 2017 met hope aktiwiteite vir kinders. Vir R60 kan kinders veilig kuier by die Funnery. Pret sluit in speletjies soos tic-tac-toe, In it to Win it, Paint by Scavenger hunt, reuse bordspeletjies, kunsvlytaktiwiteite en vele meer. Om 11h00 by DeKasteel is die kinderteatervertoning van A-La-Dinni en sy Wonderlamp. Dit vind op beide Saterdag en Sondag plaas en is ’n storie gebaseer op die welbekende verhaal van Aladdin. Kinders onder 12 geniet gratis toegang tot die fees.

Kievits Kroon bied spesiale fooiafslae op hul luukse kamers vir die geduurte van die fees. Die fooie is nog laer sou jy meer as 30 dae vooruit bespreek. Maak gebruik van hierdie wonderlike aanbieding en geniet ’n naweek weg by een van Pretoria se mooiste plekke terwyl die kunste jou siel verkwik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verdere inligting

Plek: Kievits Kroon Country Estate (15 minute buite Pretoria)

Datums: 30 September en 1 Oktober 2017

Kaartjies kos R120 en is aanlyn beskikbaar. Kinders onder 12 kry gratis toegang.

Besoek die geleentheidsblad en Salsa into the Sunset op facebook.

Besoek ook die webblad

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Altvest maak China se VC-mark oop vir Suid-Afrikaanse beleggers

Met meer as $1 miljard wat deur ervare beleggers, soos RisCura aan waagfondse in China…

1 hour Gelede

Suurlemoenlimonade

Maak nou die heerlikste koel drankie!

24 hours Gelede

‘Skemergrond’: Maak jou gordel vas vir hierdie dramatiese wendings in Februarie

Die inwoners van Gemoedsdrif moet weereens moeilike keuses maak, geheime hanteer en hoop vind te…

1 day Gelede

Italiaanse tamatiepasta

Genoeg vir 4.    Bestanddele   ½ ciabattabrood 5 ml (1 t) gekapte knoffel ’n…

2 days Gelede

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie

Hier is vyf storielyne wat Suidooster-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik…

2 days Gelede

Jaci en JP is terug! Netflix word Semi-Soeter met nog Afrikaanse kykstof

Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf/Netflix   Die stromingsdiens Netflix bederf binnekort Afrikaanse kykers met nóg…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.