kategorieë: Fiksheid

Fiksheidtegnologie: hou koers

As jy oefen, kry aanmoediging jou verder as straf, en as jy ’n persoonlike afrigter kon bekostig wat heeldag langs jou draf met woorde van bemoediging en riglyne, sal jou voornemens langer hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die nuwe fiksheidstegnologie is so na as dêmmit daaraan, en dalk net die ding wat jou in 2016 aktief sal hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat doen die toestelle?

Meet jou aktiwiteit Die tegnologie om jou aantal treë per dag te tel is standaard op al die toestelle. Dit motiveer ’n mens as jy sien hoe die telling styg as jy ver van die winkels af parkeer, middagete gaan stap en die trappe eerder as die hysbak gebruik. Jy kan doelwitte stel en namate jy fikser word, kan jy dit opstoot. Van die meer gevorderde modelle kan ook swem, gholf en
fietsry meet.
Hartklop Die gevorderde modelle kan jou hartklop meet en by sommige van die basiese modelle kan jy later ’n hartklop-monitor voeg. Dis nuttig om te sien in watter zone jy oefen, en dit keer dat jy jou aanvanklik ooreis.
Energieverbranding Daar hang vraagtekens oor die vermoë van fiksheidtoestelle om energieverbranding korrek te meet. Tog fokus dit jou aandag daarop dat die strawwe sessie in die gim, of ’n halfuur se swem of draf, net sowat 1 050 kJ verbrand het teenoor die reuse-muffin (2 100 kJ) waarmee jy jou agterna beloon.
Zzzzzz Heelwat toestelle meet jou slaapgehalte, maar helaas, nie baie akkuraat nie – soms tot 20 min te veel. Tog kan dit slaapstoornisse identifiseer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kersfees 2015 was die Fitbit-app die gewildste gratis aflaaibare app op die iTunes-winkel

Wat koop jy?

Besluit vooraf wat jou behoeftes is sodat jy die regte toestel kry. Basiese modelle is nie meer so gewild nie, en die meeste gebruikers verwag heelwat van hul rasieleier, soos funksies wat jou herinner om water te drink en te beweeg as jy te lank stilgesit het.

Fitbit Flex Sowat R1 899. Die toestel meet treë, afstand, kalorieë verbrand, aktiewe minute en slaapgehalte, en wys of jy jou doelwitte bereik. Vir die modebewustes is daar verwisselbare, kleurryke bandjies.

Vívofit 2 Sowat R2 299. Dit meet aktiwiteitsvlakke en slaap, motiveer jou om doelwitte te bereik en herinner jou as jy langer as ’n uur stilsit. Dis waterbestand, het ’n batterylewe van ’n jaar en ’n agtergrondliggie. Jy kan dit met ’n opsionele hartklopmonitor kombineer.

Jawbone UP3 Sowat R2 399. Dit meet rustende hartklop, al jou slaapstadiums, en selfs jou vel- en omgewingstemperatuur. Die toestel verbind ook met die UP-app vir Smart Coach wat rekord hou van jou vordering en aanbeveel hoe jy jou doelwitte makliker kan bereik. Batterylewe 7 dae.

Vivoactive Sowat R4 799. Hierdie een het al die gewone funksies sowel as ’n GPS met ’n raakskerm, en is geskik vir hardloop, fietsry, gholf en swem, en skakel met jou foon om oproepe en boodskappe aan te dui.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Skop Swart Vrydag sterk af met MSI se beste aanbiedinge: Skootrekenaars vir speel en werk teen ongelooflike pryse!

Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…

14 hours Gelede

7 dinge wat jy moet weet om die regte matras te koop

Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…

16 hours Gelede

Blitsige roomys

Bestanddele   500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…

17 hours Gelede

Ontmoet Herman Bosman – ‘Wie word ’n miljoenêr’ se heel eerste miljoenêr!

Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord.  …

18 hours Gelede

4 dapper stappe wat jy nou kan neem om gelukkiger te wees

Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns

1 day Gelede

Mia le Roux onthul hoe vertigo haar deelname aan Mej. Heelal gefnuik het

Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.