kategorieë: FiksheidGesondheid

Fietsry: “Switchbacks” – van bewerasies tot Wonder Woman

Fietsry: “Switchbacks” – van bewerasies tot Wonder Woman deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/stockstudioX

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As jy hierdie jaar die Wines2Whales-bergfietsmarathon gedoen het, dra jy intieme kennis van “switchbacks.” As dit nie deel van jou woordeskat is nie; dis verradelike skerp draaitjies op steil afdraande (of opdraande) wat gewoonlik gevolg word deur nog een en nog een… Selfs ervare ryers gooi soms ’n buitebeen uit om te keer dat hul holderstebolder oor die handvatsels vlieg of teen die afgrond aan die buitekant afrol.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis een van die W2W se spesialiteite en daar is tientalle oor die drie dae versprei. Dit sal jou baie angssweet spaar as jy voor die tyd ’n les kry om jou vaardigheid te verbeter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met my vorige W2W was ék die een wat in koue sweet uitgeslaan het as ons een nader en het heelwat van hulle afgehardloop. Hierdie jaar was ek voorbereid en kon hulle een vir een oorwin. Ek het soos Wonder Woman gevoel.

Marc Fourie by die PwC Bike Park in Bryanston het my touwys gemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Switchbacks teen ’n afdraand:

  • Staan op
  • Sak bors na die handvatsels
  • Bly gesentreer op die fiets en hou jou pedale gelyk. (sommige instrukteurs sê jy moet jou buitebeen laat sak, maar Marc sê dis makliker om albei gelyk te hou en boonop verwarring te voorkom. ? )
  • Trek die remme geleidelik om te verhoed dat jy gly
  • Neem die draai so wyd as moontlik soos jy inkom
  • Draai jou kop en heupe in die rigting van die eindpunt en KYK na die eindpunt
  • Laat die fiets om die draai rol deur die remme liggies te trek
  • Nota: As die switchback steiler op die draai is, moenie jou gewig na agter skuif nie. Onthou, dis steeds ’n draai en jy moet beheer oor die voorwiel hê; wat jy verloor as al jou gewig agter is.

Switchbacks teen ’n opdraand:

Hierdie een is nie naastenby so skrikwekkend as sy afdraande-boetie nie, maar baie mense steek in die draai vas en maak almal agter hul die josie in. En jy verloor baie tyd. Maak seker jy is nie daai ene nie …

  • Bly sit
  • Maak seker jy is in ’n makliker rat, maar nie só maklik dat jy geen traksie en spoed het nie
  • Laat sak jou bors na die handvatsels, en hou elmboë in.
  • Probeer jou draai so wyd as moontlik met die ingaan neem
  • Skuif vorentoe op die saal soos wat jy vir ’n klim sou doen (sien ook ons instruksies vir steil opdraandes)
  • Draai jou kop en kyk rondom die draai na die eindpunt.
  • Moenie regop sit tot jy ten volle rondom die draai is nie.

Foto 1:


Geel (jou lyn): neem draai wyd en draai geleidelik
Groen (liggaamsgewig op die fiets) : hou gewig in middel van fiets – moenie gewig na agter skuif nie
Rooi (beweging van kop en visie): draai jou kop en kyk na die einde van die draai

Foto 2:

Rooi: draai kop en kyk na die einde
Geel: hou aan met geleidelik draai en vermy skielike skerp bewegings van die handvatsels
Groen: Onthou dis steeds ‘n draai. Laat die fiets gemaklik onder jou beweeg terwyl jy om die draai gaan. Moenie die fiets probeer regop hou nie.

Foto 3:


Groen: hou liggaamsgewig steeds in middel van fiets
Rooi: kyk vorentoe na die volgende punt in die roete of die begin van die volgende draai
Geel: ‘n Gelydelike wye draai sal jou help om gladweg deur die draai te kom

For our English readers:

Downhill switchbacks

  • Stand up on the bicycle
  • Keep your chest down
  • Stay centered on the bike and keep pedals level
  • Use brakes gradually to prevent sliding
  • Take the turn at the entrance as wide as possible
  • Turn your head and hips towards the exit and LOOK around the turn to the exit
  • Let the bike roll around the turn by applying gradual pressure to the brakes
  • Note: If the switchback is steeper on the turn, do not push your weight back. It is still a corner and you need control of the front wheel. You will lose control if all your weight is on the back wheel.

Uphill Switchbacks

  • Stay seated
  • Go to an easier gear, but not so easy that you lose traction and speed
  • Chest down and elbows in.
  • Take the turn as wide as possible at the entrance.
  • Move forward on the saddle as you would do when climbing a hill.
  • Turn your head to look around the corner to the exit.
  • Don’t sit up until you are around the corner.

Photo 1:


Yellow (movement on bike) : take turn wide. Gradual turn
Green (weight on the bike): Stay centered, don’t push your weight back
Red (position of head and vision): Turn your head and look top the end of the turn

Photo 2:

Red: turn head and look to the end
Yellow: keep turning gradually. Avoid sudden sharp movement of the handle bars.
Green: It’s a corner – so let the bike move naturally under you around the turn. Don’t try to keep the bike upright.

Photo 3:

Green: keep body weight centered
Red: look ahead to the next point on the trail or start of the next corner.
Yellow: keeping a gradual wide turn will help you stay smooth through the corner.

Kontak Marc Fourie by die PwC Bike Park by skills@bikepark.co.za om ’n vaardigheidsles te bespreek.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

14 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

15 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

15 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

17 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

19 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.