kategorieë: FiksheidGesondheid

Fietsry: ’n Wedren motiveer jou

Deur Anet Schoeman. Foto verskaf deur Anet Schoeman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Is jy een van daai fietsryers wat nou en dan ry, maar dit nooit ten volle geniet nie, want jy is nie fiks genoeg of vaardig genoeg nie? Of dalk ry jy elke naweek, maar net dieselfde roetes in jou buurt.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die oplossing: Skryf in vir ’n wedren en neem jou fietsry na ’n heel ander vlak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die FNB Wines2Whales is ’n bergfietswedren in Oktober wat oor drie dae strek (60-80 km) van die wynpaas Lourensford in Somerset-Wes tot by die Marine Hotel in Hermanus wat die beste plek is om walvisse te sien.

Wat dit ekstra lekker vir dames maak, is dat die organiseerders eindelose moeite doen om dit ’n besonderse ervaring vir vroue te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar moenie hierdie wedren op sy afstand takseer nie. As jy nie fiks en vaardig is nie gaan jy les opsê. Die grootste gedeelte van die roete is fantastiese “single track” deur van die mooiste gedeeltes in die land. Maak jou reg om deur talle wynplase en vrugteboorde te ry. En plate proteas.

Daar is oorgenoeg tyd om jou tegniese vaardighede op te skerp, want die Wines2Whales is niemand se speelmaat wat nie bruggies, steiltes en “switchbacks” bemeester het nie.

O ja, en dan is daar die verradelike A-raam houtbruggies oor heinigs om diere uit te hou. Hier het menige ryers al hul Moses teëgekom.

Die ander voordeel is dat fietsryers beide aande op Oak Valley Wine Estate in die Elgin-Grabouw-area slaap. Dus geen geskarrel elke oggend om al jou goetertjies en dinge weer terug in daai sak te druk en die sware sak na die trok toe te sleep nie. En smiddae weer die takie in trurat te herhaal nie.

Tog sal die meeste fietryers jou vertel dat die grootste voordeel van die oornagpunt die heerlike wyne van die Oak Valley Estate is wat saans vloei saam met die wonderlike etes van Food Lover’s Market.

Daar is drie verskillende wedrenne:(Chardonnay (26 – 28 October),  Pinotage (29 – 31 October) en Shiraz (2 – 4 November) en hierdie jaar is die tiende herdenking van die wedren. Daar is net 675 spaninskrywings per wedren en interessante roetes en goeie organiasie maak hierdie een van die wedrenne waarvoor mense vuisslaan om ‘n inskrywing te kry.

rooi rose was gelukkig om ’n spaninskrywing te kry vir die Chardonnay-wedren (26-28 Oktober) en ons sal oor die volgende vyf maande wenke gee oor hoe jy jou vaardighede en fiksheid kan verbeter om reg te wees vir ’n wedren soos Wines2Whales.

Daar is nog inskrywings vir die Pinotage-wedren (29 – 31 October) beskikbaar. Of jy kan die Jeroboam doen wat al drie wedrenne insluit! Vir inskrywings besoek wines2whales.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

21 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

22 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

22 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.