kategorieë: KalenderOntspanning

Fietsry kraai koning by die 20ste 947-uitdaging

As jy nog nie vir die Telkom 947 Cycle Challenge op 11, 12 November (bergfiets) en 19 November (padfiets) ingeskryf het nie, sal jy moet wikkel. Inskrywings sluit binne die volgende twee weke en hierdie jaar is dit die twintigste herdenking. Besoek cyclechallenge.co.za vir inskrywings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ons gesels met Louis Meintjes

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die padfietswedren op Sondag, 19 November is naas die Cape Town Cycle Challenge die tweede grootste gereguleerde fietswedren in die wêreld. Die padfietswedren strek oor 94,7 km en daar is gewis ’n paar tranetrekker-bulte wat jou gaan laat wens dat jy meer aandag aan jou oefenprogram gegee het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is drie afstande in die bergfietswedrenne. Op die Saterdag is daar die 25 km en 55 km wedrenne en jy moet ’n kwalifiserende wedren vir die 55 km voltooi. Dit is vir die meer ervare ryers en so voorkom dit die frustrasie van opeenhoping van ryers by moeiliker tegniese gedeeltes. Daar is ook ’n 10 km-wedren vir beginners en jonger ryers op die Sondag. Net die ding vir die hele gesin solank almal bo sewe jaar oud is.

Die Kiddies Ride op Saterdag is vir tjokkertjies van twee tot tien jaar oud en wissel in afstande van 1 km tot 5 km.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die bergfietswedrenne beloof om jou sommer baie interessante paadjies in en om Johannesburg te wys en boonop is dit nooit elke jaar presies dieselfde roete nie. Die langer roete loop deur seksies in Steyn City en Heron Bridge College wat nie gewoonlik oop is vir Jan Publiek nie en die 25 km-roete sluit seksies in Glenfernness en Cluny Farm in.

Dit maak nie saak wat jou vlak van vaardigheid of fiksheid is nie, daar gaan ’n wedren wees wat jou soos ’n handskoen pas. Gelukkig is daar nog twee en ’n half maande oor waar jy jou fiksheid tot ongekende hoogste kan verbeter. As jy ’n lid van ’n gim is, is dit ideaal om deur die week “spin” of “wattbike”-sessies te doen om jou kardio-fiksheid te verbeter.

Lees ook: Oefen jouself fiks en sterk

Naweke is die tyd om jou ysterperd in die buitelug los te laat en die heerlike lente-weer te geniet. Begin geleidelik om beserings te verhoed. Dit is altyd beter om eerder ’n bietjie onfiks en sonder beserings by die wegspring op te daag as oorgeoefen en met al wat skeet en besering is.

Lees ook: Rol die skete weg

As jy nie lid van ‘n gim is nie en nie deur die week kan ry nie, kan jy deur die week hardloop. Dis net sulke goeie oefening en gaan jou sommer lekkker fiks maak vir fietsry.

As jy in koue angssweet uitslaan by die blote gedagte aan steil afdraende of ander tegniese uitdagings, het jy steeds genoeg tyd om jou vaardighede op te skerp. Kontak gerus die PwC Bike Park in Sandton (010 591 9273) vir privaat- of groeplesse. Die geld wat jy hierop uitgee gaan jou eindelose pret verskaf en boonop geld by die fisio en hospitaal se ongevalle spaar.

Lees ook: Balans jou beste wapen op ’n bergfiets

Maak seker dat jy altyd ’n identiteitsbandjie dra en moenie op jou eie op afgeleë plekke bergfiets ry nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.