Die wenners van die sesde jaarlikse kykNET Fiëstas-toekennings is gisteraand, 18 Februarie 2016, tydens ‘n glansgeleentheid by die Staatsteater in Pretoria bekend gemaak.
Die akteur en komediant, Pierre Breytenbach en aktrise June van Mersch het as gasheer en -vrou opgetree en een van ons gunstelingvoorbladvroue (rooi rose, Desember 2015), Leandie du Randt, was onder meer ‘n aanbieder.
Die wenners:
Beste akteur
Stian Bam vir In Glas (KKNK)
Beste aktrise
Tinarie van Wyk-Loots vir Hemelruim en In Glas (Aardklop en KKNK)
Beste manlike byspeler
Dean Smith vir Die Dag is Bros (Innibos)
Beste vroulike byspeler
Greta Pietersen vir Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Beste regie
Nicola Hanekom vir In Glas (KKNK)
Beste teaterontwerp
Nico Scheepers vir Amper, Vrystaat en Die Dag is Bros (Vrystaat en Innibos)
Beste prestasie in ‘n musiekgedrewe produksie
Amanda Strydom vir Amanda Strydom: Die Hele Boksemdaais (KKNK)
Beste spel in ‘n solo-vertoning
Marlo Minnaar vir Santa Gamka (KKNK)
Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie
Nicola Hanekom vir In Glas (KKNK)
Beste prestasie in klassieke musiek
US-koor onder leiding van André van der Merwe (Woordfees)
Beste prestasie in visuele kuns
Nathani Lüneburg vir As die Vlooie Byt in La La Land (KKNK)
Beste musiekgedrewe produksie
Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)
Beste aanbieding
In Glas (KKNK)
Blou Stoel-toekenning
Askoop (KKNK)
Gewildste fees
Innibos
Lida Botha (teater), Ronnie Samaai (musiek) en Pieter Fourie (skryfkuns) is tydens die toekennings vir hulle lewensbydraevereer.
Die onderskeie feeste het ook erkenning gekry. Die KKNK is as gewildste fees benoem en was die voorloper met 20 benoemings. Die Woordfees is ook as gewildste fees benoem en het 18 benoemings gekry. Aardklop en Innibos is beide as gewildste fees benoem en het elk ses benoemings gehad. Oppikoppi is as gewildste fees benoem en die Vrystaat-fees en Suidoosterfees het elk vyf benoemings gekry.
‘n Paar van ons gunstelingpaartjies en -rokke: