Die toekennings is regstreeks uitgesaai op kykNET sodat kykers in die glansaand kon deel.
Gasheer, Frank Opperman, het die skare aan die skater gehou terwyl Ian von Memerty se uithaal-en-wys verhoogproduksie elke persoon in die gehoor en by die huis se sintuie betower het. Optredes deur gaskunstenaars: Dozi, Karen Zoid, Zolani en Dorothy Masuka het ook die ritme in die gehoor se harte bepaal.
Die dawerende applous wat die wenners uitgelok het, was ’n duidelike bewys van ons almal se waardering vir die bydrae wat hulle tot die Suid-Afrikaanse kunste en vermaaklikheidslandskap gemaak het.
Die wenners is:
Lewensbydrae wenners
Emma Renzi vir Musiek
Chris Barnard vir Drama/skryfkuns
Neels Hanson vir Teater ontwerp
Beste akteur
Dawid Minnaar vir macbeth.slapeloos
Beste aktrise
Anna-Mart van der Merwe vir macbeth.slapeloos
Beste manlike byspeler
Charlton George vir macbeth.slapeloos
Beste vroulike byspeler
Lee-Anne van Rooi vir Bidsprinkaan
Beste regie
Nicola Hanekom vir Land van skedels
Beste teaterontwerp
Nicola Hanekom vir Land van skedels
Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie
Schalk Joubert vir Die wêreld is my woning
Beste spel in ’n solo vertoning
Tobie Cronjé vir Ballade van ’n banggat
Beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering
Nicola Hanekom vir Land van skedels
Beste opkomende kunstenaar
Die ensemble van Te veel vir ’n coloured girl
Beste prestasie in klassieke musiek
Petronel Malan vir Petronel Malan – Klavieruitvoering
Beste prestasie in dansteater
Steven van Wyk & Thalia Laric vir “Skoonveld” in PLASTIC
Beste prestasie in visuele kuns
Jan van der Merwe vir Tyd en ruimte
Beste musiekgedrewe produksie
Dorothy – 60 Jaar
Beste aanbieding
Land van skedels