Hier sit hulle. Op verbleikte Russells-stoele, ’n plastiekkrat met ’n vierkantig gevoude kombersie as kussing, ’n afgeleefde D.F. Malanimbuiabank. Hulle woon in die moedlose plakkerskampe van Worcester waar hophuisies en aanmekaargetimmerde sink-en-plastiek-bouseltjies vir ’n paar honderdduisend mense huis is. Hartlike Marta wat volborstig haar bloedrooi toppie volsit – ver verby wat Woolies sal glo hul toppies kan rek; Norma, die rustige vroutjie met die moederlike glimlag; Christelik-goeie Christina en haar stemmige dogter Joday; Rachel wat “nie gedrink het nie maar gesyp het, Mevrou”; opgewekte Broer Dawid sonder bene wat rats uit sy rolstoel spring en op sy stompies wys hoe hy as jong man kon shake en jive.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die enigstes met aanspraak op roem (of berugtheid) is Leemarko, oud-leier van Worcester se baasbende, die JCY’s, en Rens, sy swanger meisie. Gewone mense. Aspoestertjies en prinse sonder koninkryke. Kan húlle helde wees? Ja, elke keer wanneer hul missie op sukses uitloop. Dis ’n uitdaging – een van die grootstes in ons land. Dit is ook ’n ongewilde missie waarvoor daar te min geld en te min hande is. Maar elkeen van hul klein suksesse maak saak, en saam sal dit ’n reuse-uitwerking op ons land hê: aan ons almal se welvaart en veiligheid en aan ons menswees en selfrespek ook.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
– Agt miljoen mense in ons land moet leef met breinletsels omdat hul ma’s gedrink het terwyl hulle swanger was.
– Drie miljoen het volledige skade, oftewel fetale alkoholsindroom (FAS).
– Nog ses miljoen het alkoholverwante geboorte- en/of ontwikkelingsafwykings.
– Daar kom elke jaar 25 000 nuwe babas by met breinletsels weens alkohol.
– De Aar “spog” met ’n wêreldrekord. Die dorp het amptelik die hoogste aangetekende syfer van FAS ter wêreld: 122 uit elke 1 000 leerders het FAS.
– Nie-amptelik word die FAS-syfers in sekere gebiede onder spesifieke gemeenskappe, soos in die plakkerskampe van Worcester, Villiersdorp en die Kaap, op 40 – 76 uit elke 100 kinders geraam.
– Om dit in perspektief te stel: in lande soos Amerika is daar net 1 – 3 FAS-kinders uit elke 1 000 kinders.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
De Aar het nog ’n wêreldrekord: hulle is die eerste plek ter wêreld waar FAS-getalle gedaal het, te danke aan die insette van organisasies soos FARR (Stigting vir Alkoholverwante Navorsing) wat spesifiek op fetale alkoholsindroom fokus. En nie net met ’n bietjie nie. Met ’n hele dertig persent. Hoe kry jy hulle reg? FASfacts, een van die leierorganisasies op dié gebied, glo persoonlike mentorskap is een van die beste antwoorde.
“As jy met ’n oormag van byna onoorkomelike negatiewe faktore sit, soos morele verval, bendegeweld, tik, werkloosheid, gebrek aan vermoëns en gebrek aan positiewe na-uurse aktiwiteite, veral oor naweke, is mentorskap werklik al manier om iemand in so ’n situasie te help. Dit is intensiewe, tydrowende, een-tot-een werk,” sê Francois Grobbelaar, hoof van FASfacts op Worcester. Dit is wat elkeen van ons helde doen – hulle is mentors. FASfacts lei hulle as lekeberaders op en stel hulle aan om elkeen drie vroue deur die nege maande van swangerskap en eerste drie maande van
borsvoeding by te staan om alkoholvry te bly. Elkeen ontvang R250 per maand, mits hulle drie vroue gewerf het en kan bewys dat die vroue van alle drank wegbly. Hulle werk onder toesig van maatskaplike werkers wat die mentors en die swanger vroue monitor.
Dit is nou die derde jaar dat FASfacts deel is van Worcester se mentorprogram. Verlede jaar is 112 swanger vroue gemonitor, en 89 het enduit gehou. Elkeen se storie is een van uithou en vashou; van sukses teen alle verwagting in. Rachel het een van die mooiste FASfacts-stories. Die klomp shacks waar haar tweevertrekplekkie ook staan, deel een waterkraan. Dit is waar almal hul water kry, vir van tandeborsel tot wasgoed was. Die gebruikte water loop in ’n oop sloot af. Dit is skoon om die shacks, met min papiere wat rondwaai maar daar is ook niks anders nie. Dit is net basiese huisies op bar, wit klippergrond waar die son genadeloos bak en die winter-wind ewe wreed sny. Daarom dat die spatsel kleur van Rachel se tuintjie jou dadelik opval. Dit is piepklein – so groot soos ’n lessenaar – maar daarin groei ’n kiertsregop kanna, ’n welige pampoen, ’n klompie afrikanertjies wat byna blom en in ’n bottel water ’n tongblaar wat begin worteltjies skiet. Rachel dra vroeg soggens haar plantjies van die kraan af nat.
“Mevrou, toe ek vyf maande klaar met die wyn is, toe eers kry ek weer hoop. Ek kon sien my lewe gaan nou bieterder gaan. Daai nuwe hoop het my laat wil om iets moois te maak om my. Toe begin ek die tuintjie met my eerste kênna en biki skwassies hier agter.”
Rachel het op 15 begin drink, saam met haar ouer suster en dié se kêrel. Op 33 en vier kinders later was sy steeds aan die drink, veral oor naweke. Veral die oudste is erg deur FAS geraak en sal nooit onafhanklik kan werk nie. Sy raak weer swanger.
“Toe kom Amedja (’n maatskaplike werker van FASfacts) hier na my toe. Elke week kom gesels sy. En ek wil niks weet nie. Maar sy kom elke week verby en vertel van hoe die babatjie nou lyk en wys my prentjies van wat ’n mens nou mos nie met die oog kan sien nie, en vertel van hoe die drank met my bybie se brein werk.
“Eers was ek hardgebak. Kom die naweek dan drink ek weer. Maar ek het ook oor die boodskap gaan slaap. Later kom dit deur en toe ek vyf maande pregnant was, toe hou ek op met drink.
“Dis móéilik, Mevrou. Naweke dan sê die mense hier vir jou: ‘Dink djy almaskie djy is bieterder as ons? Wag maar, een van die dae is djy maar weer back to normal. Dan syp djy saam soos djy altyd het en altyd sal. “Maar Amedja het my gewys ek is kosbaar; ek is ook waardevol. Mense chop en change maar as iemand jou bystaan, dan bly jy op die pad.”
Vandag is Rachel ook ’n mentor wat na twee vroue omsien. “Ek loop maar altyd hier deur en kyk om na die vroue. As ek hoor een is swanger, dan loop ek een, twee keer per week by haar langs. Veral Saterdae, wanneer dit rof gaan. Ek gesels maar sommer en sê sy moet ’n bietjie by my dakkie kom sit.”
Voordat sy haar rondtes doen, trek sy haar FASfacts- T-hempie aan. “Haai, Mevrou,” sê Rachel skamerig, hand voor die mond en haar oë blinktrots, “Met daai T-sjirtjie aan sê die meisies hier vir my ook ‘Mevrou’.”
Ons lag saam, en voor my oë skiet haar selfrespek ’n aks op. So groot is die verskil wat eiewaarde maak. Nog ’n storie:
“Mevrou,” verduidelik Marta, “om iemand op te tel is nie net een keer se loop nie. Jy doen dit elke dag.” Sassline is een van haar kuikens. ’n Moeilike een, want sy doen steeds tot tien strooitjies tik per dag. Sy het oor Sassline begin waak toe dié swanger geraak het by ’n Kaapse drug lord wat Worcester as sy afsetgebied gebruik.
Marta vertel dat sy byna daagliks by haar meisies ’n draai maak. “Ek gesels sommer maar net. As dit warm is, nooi ek hulle om by my te kom koeldrienk drink. Dan praat ons oor wat die drank doen. Ek wys hulle die prente van die bybie voor die geboorte. Praat beteken báie. Die mense hier wil gehelp wees. Die lewe is hard. Hulle raak moedeloos. Jy moedig maar net altyd aan en aan.
“Een nag elfuur kom Sassline hier aan en sy sit haar bybie in my hande. ‘Vat haar asseblief, antie Marta. Ek kan net nie nou na haar kyk nie. Nie vanaand nie. Asseblief, Antie.’ En daar gaat sy. Sy los die bybie net so. Sonder kos of ’n kimbie (weggooidoek).” So kom dit toe dat Marta haar vertroue wen. Vandag is Sassline op die waglys van ’n dwelmrehabilitasie– sentrum waar sy ses maande kan bly. Die pad vorentoe is nog lank maar Marta sal daar wees vir haar en Norma sal haar baba, Camylee, vir haar oppas. Camylee is ’n pragtige, rustige mensie. In hierdie kultuur is “rustig” ’n kompliment. Dit impliseer dat die kind eendag op skool stil sal kan sit en leer. Hopelik het Camylee die FAS-vloek vrygespring. As Sassline nou net ook kan wegbreek. Soos Norma sê: “Ons werk een vir een aan hulle. Elkeen wat ons hier uithelp, het ’n kans.”
’n Kans op ’n normale lewe. Dalk selfs op ’n Aspoestertjie-einde.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.