kategorieë: Blogs

Fes

Later, terwyl ek en Ben onseker in die nog-effens-donker van die vroegoggend op die treinstasie rondstaan, stap Abdel Youssef met sy parmantige wip-stappie ons lewens in toe hy ons na die regte perron help. Of dit ons onseker rondstaan was wat sy aandag getrek het of ons onvanpaste somersklere tussen die res se warm serpe, jasse en stewels, weet ek nie, maar toe die trein stiptelik op tyd vertrek raak dit ‘n gesellige kuierrit saam met ons nuutgevonde vriend. Ons ruil stories uit oor lande en kulture, ervarings en belewenisse en so tussendeur reël hy vir ons ‘n gids wat ons op die stasie sal kom haal sodra ons in Fes arriveer, want “it’s nice to be nice”, sê hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Fes is ‘n ou, selfversekerde stad, met niks om aan enige een te bewys nie. Dat dit stad is, is duidelik met ons afklim by die moderne stasie met sy laning lemoenbome, maar dat dit deurdrenk is met ‘n roemryke geskiedenis besef ek eers toe ons saam met Haj, ons gids, onderdeur die massiewe mosaïekhek, Bab Boujeloud, die medina instap. Die 1300 jaar oue medina is ‘n woeste aanslag op jou sintuie, ‘n malse mengelmoes van kleur, klank, speserye, mosaïekpatrone, motorfietsies en mense. Met elke tree af in Talaa Kebira, een van die hoofpaadjies, stap ons verder terug die verlede in. Die geboue wat so benoud styf teen mekaar staan is stowwerig en plek-plek vervalle, maar tog is die mooi nooit ver nie: fyn houtkerfwerk, aanvallige teëltjies bo die deure, lemoenbome wat van die dakterrasse afloer en af en toe ‘n skrams steelkyk in die onverwagse mooi binnekante van die huise.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons kom gou agter dat Haj bekend en gewild is onder die mense, aan die manier waarop almal groet en met hom grappies maak, terwyl hy kundig met ons deur die doolhof met sy 9000 stegies vleg. Soos wat hy die stories en geskiedenis met ons deel, sypel sy geloof deur alles; die Arabiese kalligrafie teen die mure van die medersa, sy kleredrag, sy praat en groet, sy passie wanneer hy van sy aanbiddingsplek praat, sy goed beplande weggliptydjies om te gaan bid…en ek leer van ware toewyding by ‘n Islam-man.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons vleg deur die raserige souks, waai die wrang reuke van die eeue oue leerlooiery weg met ‘n bossie vars mintblare en waardeer die sederhoutbalke van die Bou Inania Medersa. Ons stry die prys af van ons leerbaadjies, onderhandel vir ‘n goeie prys vir ‘n Berbermat en word lelik ingeloop in ‘n speserywinkel. Ons kry ‘n skrams kyk in die Karaouiyine moskee, stap verby Place el-Seffarine waar ‘n man besig is om koperpotte te skuur, en loop amper in ‘n donkie vas. Ons snuif die aroma van varsgebakte brood deur die straatjies, smul in die verbygaan aan gedroogde vye, wurg ‘n homp bokmelkkaas af en verstik aan ‘n vars olyf. Ben staan kniediep in die saagsels langs die man wat ure aaneen die vuur van die hamam stook, sonder ruskans of kla.

Ons hoor, sien, dink, voel en neem in van hierdie wêreld wat teen ‘n anderste tempo afspeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

38 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

51 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

4 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.