Feetjiebessies
Serves: 25-30
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 x 250 g-houertjie frambose of ander bessies
- 125 ml (1/2 k) room
- 45 ml (3 e) strooisuiker
- 1 x 100 g-plak melksjokolade
- ’n hand vol kruisementblare
Instructions
- Sny die punt van elke framboos met ’n skerp groentemessie af sodat dit regop kan staan.
- Klits die room tot sagte punte vorm en voeg die strooisuiker by. Klits verder tot stywe punte vorm en die suiker opgelos is. Skep die room in ’n spuitsak met ’n klein ronde tuit. As jy nie ’n spuitsak het nie, gebruik ’n toebroodjiesakkie waarvan ’n hoekie afgeknip is.
- Spuit ’n bietjie room in elke framboos. “Skil” sjokoladekrulle met ’n groenteskiller en sit ’n krulletjie sjokolade op elke framboos sodat dit soos ’n stingeltjie lyk en sit op ’n kruisementblaar. Dien dadelik op.
Rooi Rose
Lees Meer
Bessietert
24/02/2025
Bessiestroop-en-meringue-bakkies
31/01/2025