Met liefde
Maak jou eie klein ruikertjie en bind dit met lint aan die pakkie vas: oorspronklik en persoonlik.

Welkom
’n Pragtige, eenvoudige krans met wit blomme (tulpe en geraldton- wasblomme) en weer goue tolbosknoppe.

Lekker eet
Verwelkom die gaste met vars blomme vasgebind aan ’n goue doringtak.

Kuier buite
Hang varkore by die kuierplek buite. Hulle bly redelik lank vars sonder water.
