Feestelike Kersfeeskaas met Italiaanse wafels deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gillionelle Kaba. Foto’s deur Lee Schwagele van crphotography.co.za
Kaas 1 Meng al die bestanddele in ’n groot mengbak. 2 Voer ’n vergiettes met ’n skoon moeseliendoek uit en skep die mengsel in die middel van die doek. 3 Draai die punte styf teen mekaar en bind styf vas met kombuistou. 4 Sit die vergiettes oor ’n ander bak en laat die kaas oornag dreineer. (Jy kan die kaas ook oornag ophang en ’n bak daaronder sit.) Wafels 1 Gooi die olie en wyn in ’n middelslagmengbak en roer die meel en sout bietjies op ’n slag met ’n balklitser by tot dit goed ingemeng is. Dit moet soos dik pannekoekdeeg lyk. 2 Verhit ’n Italiaanse pizzetta- of ’n gewone wafelpan en skep 2 e van die beslag daarin (skep 4 e beslag in indien jy ’n groot wafelpan gebruik). 3 Bak oor matige hitte aan albei kante tot gaar en goudkleurig. 4 Maak die moeseliendoek oop en keer die kaas op ’n mooi opdienbord uit. 5 Gooi die heuning oor en sit die kaas met die wafeltjies voor.Feestelike Kersfeeskaas met Italiaanse wafels
Ingredients
Instructions