In die gees van vernuwing en verfrissing wat die opkomende lente seisoen bring, hou die modekleinhandelaar Jade & Velvet hul “MAKE THE DIFFERENCE” fondsinsameling ontbyt geleentheid ten bate van die FASt Forward Fonds – ’n liefdadigheidsprojek wat ondersteuning bied aan kinders wat ly aan Fetale Alkohol Sindroom (FAS). ’n Heerlike ontbyt buffet sal bedien word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Helene Truter (Tannie Poppie from Vetkoekpaleis) is die MC van die geleentheid en gasspreker Margaret Steyn (Kliniese Sielkundige) roer ’n onderwerp aan wat inpas by die gees van die oggend. Gaste kan ook uitsien na die fantastiese musiek van Rocking Horse wat hierdie jaar die verhoog betree asook Jade & Velvet se modeparade wat spog met hul nuutste uitrustings. ’n Oggend van vermaak en inspirasie lê voor!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die FASt Forward Fonds verskil heelwat van ander inisiatiewe soos FAITH Fund wat alleenlik fokus om verwagtende moeders in te lig oor die gevaar van alkoholverbruik tydens swangerskap. Die FASt-Forward fonds bied FAS-jeugdiges bystand met behulp van transformerende perde-terapie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Perdry is wetenskaplik bewys as ’n uitstekende vorm van terapie vir kinders met spesiale behoeftes. Dit verbeter nie slegs net balans, postuur, spierversterking en buigsaamheid nie, maar help ook met kognitiewe funksies soos die ontwikkeling van konsentrasie, redenering en geheue. Deur saam met programme soos Equitots te werk, bied die FASt Forward Fonds individuele wat aan FAS ly toegang tot hierdie revolusionêre terapie.
KAARTJIES EN BESPREKINGS:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Kaartjies beloop teen R300 elk. (Ontbyt Buffet en aktiwiteite ingesluit)
Wanneer: 3 September
Tyd: 09:30 vir 10:00
Vir besprekings, skakel 021-9810195 (0711920840) of stuur ’n epos na info@choclatelace.co.za
Vir meer inligting besoek die Jade&Velvet Facebook-blad en –webtuiste.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.