kategorieë: KalenderOntspanning

FASt FORWARD-fondsinsamelingsgeleentheid

Jade & Velvet se tema vanjaar is “A Little Goes a long Way.” Hierdie sosiale Lentebyeenkoms is ’n jaarlikse hoogtepunt op die Kaapse sosiale kalender om fondse in te samel ten bate van die FASt Forward Fonds, ’n liefdadigheidsprojek wat ondersteuning bied aan kinders wat ly aan Fetale alkoholsindroom (FAS).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees meer oor Fetale alkoholsindroom (FAS) hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Helene Truter is die seremoniemeester en vanjaar se inspirerende gasspreker is Elsabe Aldrich. ’n Smullekker tapas-ete sal voorgesit word. Gaste kan ook uitsien na Jade & Velvet se modeparade wat spog met hul nuutste uitrustings, asook ’n optrede deur die gewilde musikant Gerald Clark. ’n Oggend van vermaak en inspirasie lê voor!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jade & Velvet se eienaars, Susan Louw en Magda Malan, het verlede jaar die Suid-Afrikaanse toekenning ontvang in die International Women’s Entrepreneurial Challenge (IWEC) se Mentorskapafdeling. Dit het behels dat hulle die IWEC-konferensie, wat verlede jaar Oktober in Brussels gehou is, bygewoon het.  Verder kry Susan en Magda hierdie jaar die voordeel van die leiding van drie mentors wat vorige wenners van die IWEC-toekennings was. Susan en Magda deel graag hulle goeie geluk deur elke jaar hierdie spesiale fondsinsamelingsontbyt ten bate van die FASt Forward Fonds aan te bied.

Perdry is wetenskaplik bewys as ’n uitstekende vorm van terapie vir kinders met spesiale behoeftes. Dit verbeter nie slegs balans, postuur, spierversterking en buigsaamheid nie, maar help ook met kognitiewe funksies soos die ontwikkeling van konsentrasie, redenering en geheue. Deur saam met programme soos Equitots te werk, bied die FASt Forward Fonds kinders wat aan FAS ly toegang tot hierdie revolusionêre terapie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kaartjies en besprekings

• Die geleentheid begin om 09h30 by De La Paix in Klapmuts.

• Kaartjies kos R300 per persoon (ete, aktiwiteite en ’n geskenkpakkie ingesluit).

• Kaartjies is beskikbaar by alle Jade & Velvet winkels:

  • Oxfordstraat 28 Durbanville (021 976 1382)
  • Tygervallei Winkel 56 Tygervallei Sentrum Bellville (021 914 6878)
  • Somerset Wes Mall Winkel 37 (021 852 7692)

• Kontak vir besprekings indien jy nie naby een van die winkels is nie: 021-981 0195 (071 192 0840) of per e-pos (info@choclatelace.co.za).

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

14 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

15 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

17 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

19 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

4 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.