kategorieë: Ontspanning

Farro groet die stad en skop nes op die platteland

Farro groet die stad en skop nes op die platteland. Deur Maryke Roberts.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die restaurant is oorspronklik in Johannesburg geopen voor dit vir etlike maande gaste by Café Frank in Kaapstad bedien het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Farro, wat antieke graan beteken, is ’n gepaste naam vir ’n restaurant wat plaaslike produkte en heilsaamheid ten doel het.

Farro se man-en-vrou-duo, Alex en Eloise Windebank, vertel hier aan gaste by die amptelike opening waar die naam Farro vandaan kom.

Lees ook: Nuwe baadjie vir dié Kaapse sielskoskafee

Farro se man-en-vrou-duo, Alex en Eloise Windebank, bring hul klassieke kosmaakstyl met die gemaklik gesellige gasvryheid waarvoor hulle bekend geword het. Gaste kan ’n verfynde, maar minder formele benadering tot hul plaasstylkos geniet wanneer hulle Farro by Gabriëlskloof besoek.

Plaasgasvryheid met voorslag- kos en wyn wag by Gabriëlskloof se Farro-restaurant.

Gabriëlskloof se verouderingskelder waar die wyne in eikehoutvate verouder. In die bogrondse kelder word baie van hul bekroonde witwyne in kleivate verouder.

Die plaas se Peter-Allen Finlayson, mede-eienaar en keldermeester by Gabriëlskloof, en sy vrou, Nicolene, is baie opgewonde oor die nuwe ervaring wat aan gaste gebied word. Hulle sê: “Toe ons Alex en Eloise ontmoet en hul kos geproe het, het ons geweet Farro is die perfekte pasmaat vir Gabriëlskloof. Hul warmte en gasvryheid is nommerpas vir die ervaring wat ons hier bied.”

Peter-Allen Finlayson, mede-eienaar en keldermeester by Gabriëlskloof, neem gaste op ’n wynproe en terwyl hy gesels, volg sy hond, Charlie, hom soos ’n skaduwee.

Lees ook: Sjef Mynhardt se eie kookboek

Gabriëlskloof produseer bekroonde wyne en wanneer gaste tussen die wingerde en olyfboorde opry na die kelder en restaurant op die koppie, trek die plaaslug by jou motorvenster in en laat jou stadig ontspan.

Peter-Allen Finlayson, mede-eienaar en keldermeester by Gabriëlskloof, en sy hond, Charlie, wat besoekers altyd iewers in en om die kelder sal gewaar.

Gabriëlskloof se wyne is landswyd gesog en wyd-bekroond.

Alex en Eloise het ontmoet terwyl hulle in die Londense restaurantbedryf gewerk het voordat hulle na Suid-Afrika verhuis het en spog nou met 30 jaar se restaurantervaring tussen die twee van hulle.

Die fokus van die kos by Farro bly getrou aan die restaurant se etos om ’n seisoenale, voortdurend veranderende a la carte-spyskaart ten toon te stel. Gaste kan Alex se vertolking van heilsame, klassieke geregte geniet. Dit gaan oor eenvoud, respek vir bestanddele en om alles wat die streek bied, te vier.

Die proelokaal wat uitkyk oor die olyfboorde is net so keurig en aards ingerig as die res van die kelder en restaurant.

Goeie kos en wyn kom in perfekte harmonie saam by Farro op Gabriëlskloof.

Alex sê met hul wortels nou in die plaasgrond van Botrivier, waar volhoubaarheid die kern van die plaas se aktiwiteite is, is hy opgewonde om ’n ware keuse van produsente en boere op sy voorstoep te hê.

Jy weet jy kuier op die plaas – niks is opgesmuk nie.

“Dit is die volgende hoofstuk vir Farro; meer ontspanne maar met die kos waarvoor ons lief is en waarvoor ons – hoop ons – bekend geword het,” sê Alex. “Dit gaan daaroor om ons respek vir kos en plaaslike produkte na die volgende vlak te neem. Daar is so ’n magdom produkte hier waartoe ons net nie voorheen toegang gehad het nie en dit gaan regtig help om my kulinêre etos en drome op ’n manier wat ek net nie voorheen kon nie, voort te dryf.”

Sjef Alex Windebank bring hul klassieke kosmaakstyl met die gemaklik gesellige gasvryheid waarvoor hulle bekend geword het.

Geniet Farro se gunstelinge soos die fluweelsagte eendlewer-parfait, swart kersie- en botterige brioche-roosterbrood, seisoenale veloutés en ’n sagte varklies met mosterdsous en plaaslike groente.

Hierby sal ’n verskeidenheid geregte geïnspireer deur die nuwe plaasligging en plattelandse lewenswyse soos beeshaas en skyfies, tuisgerookte Elgin-forel en plattelandse terrien met piekels en konfyte uit die oorvloedige oes van die Gabriëlskloof-kombuistuin bedien word.

Foto’s: verskaf en Clifford Roberts

Lees ook: Wynemporium fokus op Stellenbosch se wyne

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

33 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.