Roomkaasversiersel 1 Meng 2 x 230 g-houers roomkaas en 240 g gesifte versiersuiker met 10 ml (2 t) vanieljegeursel. Verhit die oond tot 160 °C.Fantastiese vye-en-roosmaryn-koek
Ingredients
Instructions
1 Spuit twee ronde 23 cm-koekpanne met kleefwerende kossproei.
2 Maak die rooibostee en week die vye daarin tot sag. Haal die teesakkies uit en maal die vye in die tee fyn in ’n voedselverwerker.
3 Room die botter en suiker met ’n elektriese klitser tot sag en lig in kleur.
4 Voeg die eiers een vir een by terwyl jy klits.
5 Sif die bruismeel en koeksoda saam. Meng die roosmaryn en vinkelsaad by die vyemengsel in.
6 Vou die bruismeel geleidelik by die bottermengsel in, gevolg deur die vyemengsel.
7 Verdeel die mengsel in die voorbereide panne. Bak vir 40 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond. Laat vir 20 min in die panne afkoel en keer op ’n draadrakkie uit.
8 Versier die koeke met die roomkaasversiersel en tooi met vars roosmaryn.