Sampioen-lasagne
Ingredients
- 9 lasagnevelle
- Witsous
- 1,5 liter (6 k) melk
- 1 ui, ruweg gekap
- 2 lourierblare
- 4 heel naeltjies
- ’n raspertjie neutmuskaat
- 100 g botter
- 125 ml (½ k) meel
- 70 g (1 k) gerasperde parmesaan
- Vulsel
- 50 g droë porcini-sampioene
- 500 ml (2 k) kookwater
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 2 bruin uie, fyn gekap
- 4 knoffelhuisies, gekneus
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 800 g portobello- (swart) sampioene, dun gesny
- 250 ml (1 k) droë witwyn
- 4 tiemietakkies
- Bolaag
- ’n groot hand vol gemengde sampioene soos portobellini, sjiitake, enoki en oestersampioene
- 30 ml (2 e) botter
- 70 g (1 k) gerasperde parmesaankaas
- 30 ml (2 e) room
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Witsous
1 Verhit die melk, ui, lourierblare, naeltjies en neut-muskaat in ’n middelslagkastrol oor lae hitte. Laat prut vir 5 min. Haal van die hitte af en hou eenkant. Gooi die melk deur ’n sif en verwyder die geurmiddels.
2 Verhit die botter in ’n middelslag-kastrol en voeg die meel by. Braai vir 1-2 min. Haal van die hitte af, voeg die melk stadig by en roer met ’n draadklopper. Kook vir 5 min. oor matige hitte en roer deurentyd. Haal van die hitte af en voeg die parmesaan by.
Vulsel
3 Week die droë por-cini-sampioene vir 30 min. in water. Dreineer.
4 Verhit die olie in ’n braaipan en braai die uie en knoffel daarin tot sag en deurskynend. Haal uit die pan en voeg by die porcini-sampioene.
5 Verhit ’n bietjie van die botter in ’n braaipan en braai die portobello-sampioene in klein hoeveelhede op ’n slag daarin tot goudbruin. Voeg by die porcini-mengsel.
6 Verhit al die sampioene in die braaipan tot deurwarm. Voeg die witwyn en tiemie by en laat kook vir sowat 7 min. tot die wyn met die helfte verminder het.
7 Geur met sout en gemaalde swartpeper.
8 Bedek die boom van ’n oond-bak met ’n bietjie van die wit-sous. Bedek met ’n laag pastavelle gevolg deur die sampioene. Herhaal die lae tot die bestanddele op is en eindig met ’n laag witsous. Bak vir 30 min.
Bolaag
9 Braai intussen die ekstra gemengde sampioene in die oorblywende botter tot goudbruin. Haal die lasagne uit die oond en skep die gebraaide sampioene daaroor.
10 Gooi die parmesaan en room oor en bak vir nog 10 min. tot die kaas smelt.