kategorieë: GebakKos

Fantastiese aartappelbrood

Genoeg vir 1 groot brood

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy het ’n groot staanmenger nodig om die brood te maak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 700 g (omtrent 5) groot aartappels, skoongeskrop
  • 20 ml (4 t) sout
  • 1 180 ml (4¾ k) broodmeel
  • 10 g (1 sakkie) kitsgis
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 125 ml (½ k) van die water waarin die aartappels gekook het

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Meng die brood Sny die aartappels, skil en al, in groot blokke, bedek met water, en voeg 10 ml (2 t) van die sout by en kook tot die aartappels sag maar nie pap is nie.
  2. Skep 125 ml (½ k) van die water waarin die aartappels gekook het uit en hou eenkant. Haal die aartappels uit en laat eenkant afkoel.
  3. Meng die meel, res van die sout en kitsgis.
  4. Sit die afgekoelde aartappels in die mengbak van ’n staanmenger en maak met die spaanbybehoorsel fyn.
  5. Verhit die aartappelwater wat jy eenkant gehou het tot liggaamstemperatuur in die mikrogolf en voeg saam met die olyfolie by die aartappels. Meng goed deur tot die vog geabsorbeer is.
  6. Vervang die spaanbybehoorsel deur die deeghaak en voeg die meel by die aartappels. Meng vir 11 min. Die deeg sal aanvanklik baie droog en hard lyk, maar hou aan meng tot dit ’n sagte, werkbare deeg word. Laat rys die brood
  7. Bedek die deeg met ’n skoon doek en laat rys vir 20-30 min. tot amper dubbel die grootte. Vorm en bak die brood
  8. Verhit die oond tot 200 °C; verhit ook ’n groot bakplaat.
  9. Smeer ’n skoon doek deeglik met meel en vryf die meel in die doek in. Voer ’n groterige ronde bak of mandjie, soos ’n slaaibak of broodmandjie, met die meeldoek uit (meel na bo).
  10. Haal die deeg versigtig uit die mengbak en knie dit net so 1 of 2 keer liggies. Vorm rond en sit op die meeldoek in die bak. Bedek liggies en laat rys weer vir 20 min.
  11. Keer die brooddeeg versigtig om (werk liggies) op ’n ander bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
  12. Maak die oonddeur oop en laat gly die bakpapier met die brood op op die warm bakplaat in die oond. Bak vir 40-45 min. tot goudkleurig en gaar.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.