kategorieë: Ons menseBekendes

Faf word ‘n pa! Kyk na Miné se groen en goue babatee

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Baba de Klerk se aankoms is die afgelope naweek met ‘n gepaste groen en goue babatee gevier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mede-Springbok en Faf se hegte vriend, Vincent Koch se vrou, Jandré het die nuus van Miné se swangerskap op Instagram gedeel.

Faf speel tans rugby vir die Yokohama Canon Eagles-klub in Japan.

Lees ook: Ontmoet die Springbokke se ‘bokkies’

Jandré het in ‘n Instagram-plasing foto’s van Miné se babatee, wat in groen en goud getooi was, gedeel.
Miné – ’n apteker – het haar babamagie in ’n wit rok vertoon.

Faf en Miné het die eerste keer in 2015 ontmoet toe gemeenskaplike vriende hulle voorgestel het. Miné, wat ’n apteker is, het Faf toe genooi om ’n troue by te woon en hul liefde het sedertdien geblom. Hulle is in Oktober 2022 die by La Paris Estate in Franschhoek getroud – ‘n gewilde plek onder die Springbokke en hul wederhelftes.

Ander Springbok-babas op pad


Eben Etzebeth en sy vrou, Anlia se eersteling is op 16 Januarie gebore. Daar word wyd bespiegel dat die egpaar ‘n babadogtertjie verwelkom het.

Die Springbok-losskakel Handré Pollard se vrou, Marise, het onlangs haar babatee in die Brookdale-landgoed in die Paarl, Wes-Kaap gevier. Die egpaar verwag ‘n babaseuntjie in April vanjaar.

Lees ook: KYK: Die Pollards kry ‘n babaseuntjie

Baie geluk aan die De Klerks!

Lees ook: KYK: Anlia en Eben Etzebeth verwelkom babadogtertjie!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 smullekker slaaie

Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer

2 hours Gelede

ONS KYK TERUG: Verlede jaar se naaswenners van ons ma-en dogter-kompetisie

Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf   Om ma en dogter op papier te wees is…

6 hours Gelede

10 dinge wat met jou vel gebeur soos wat jy ouer word

Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…

24 hours Gelede

Wanneer seks seer is… | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede?

Deur Mariette Snyman       “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…

1 day Gelede

Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge!

    Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier!     Modern 14 F13MG      Kleinhandelaar:…

1 day Gelede

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.