Die geliefde Springbok-skrumskakel Faf de Klerk en sy aptekervrou, Miné, het hul bondeltjie vreugde in die wêreld verwelkom!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die egpaar – wat in Januarie bekend gemaak het dat hulle hul eersteling verwag – se klein Remi-Ré de Klerk is op 27 Februarie by die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein gebore.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Faf word ‘n pa! Kyk na Miné se groen en goue babatee
Volgens ‘n Instagram-plasing wat deur Miné gemaak is, is die baba op 37 weke en vier dae gebore, met ‘n gewig van 2,85 kg.
Miné se onderskrif lui:
“Remi-Ré De Klerk
27/02/2024
37 weke en 4 dae
2,85 kg
48 cm
Ons is lief vir jou ❤️”
Faf en Miné het die eerste keer in 2015 ontmoet toe gemeenskaplike vriende hulle voorgestel het. Miné, wat ’n apteker is, het Faf toe genooi om ’n troue by te woon en hul liefde het sedertdien geblom. Hulle is in Oktober 2022 die by La Paris Estate in Franschhoek getroud – ‘n gewilde plek onder die Springbokke en hul wederhelftes.
Lees ook: Ontmoet die Springbokke se ‘bokkies’
Baie geluk aan die nuwe ouers !
Nog ‘n Springbok-baba op pad
Die Springbok-losskakel Handré Pollard en sy vrou, Marise, verwag ‘n babaseuntjie in April vanjaar.
Lees ook: KYK: Die Pollards kry ‘n babaseuntjie
Lees ook: KYK: Anlia en Eben Etzebeth verwelkom babadogtertjie!
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.