Ek tik my sleutelwoord in en haal ’n oomblik diep asem terwyl my jongste nuusvoer-skermpie aflaai.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Vanoggend sien ek nie regtig kans vir enige negatiewe nuus nie en ek hoop heimlik daar is iets opbeurend op sosiale mediafront.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ek beweeg met die pyltjie af en stik omtrent in my oggendkoffie. ’n Foto van ’n hond wat skynbaar met kookwater gemartel is, lê my skerm vol. Hoekom deel enige diereliefhebber so iets gruwelik? Wat help dit daardie arme gedierte?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek beweeg haastig af. Na sowat ses foto’s en resepte van hoe om die perfekte kilojoulevrye tert op te tower, sien ek iets wat meer sosiaal nuuswaardig lyk.
En stik weer in my oggendkoffie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die Van den Haans is sedert vroemôre al aan’t moddergooi. Ons is nie regtig vriende nie, meer kennisse van skooldae af, maar die laaste jaar of wat kom ek noodgedwonge agter alles is nie pluis tussen Egpaar Van den Haan nie.
Hy beskuldig haar gereeld op haar tydlyn en statusse dat sy flankeer met ander mans – in die regte lewe en in die kuberruim – en sy kerm gereeld saans via die web dat hy alweer saam met sy golfmakkers by Putjie 19 vasgesteek het. Vanoggend beskuldig hulle mekaar blatant op Facebook van buite-egtelike verhoudings.
Ek beweeg vinnig verder. Druk die “Like”-knoppie onderaan ’n universiteitsvriendin se babatjie wat met ’n penorent kuifie oopmond lag.
En beweeg nog verder af. Nuusskakels oor plaasmoorde en verkragtings en hier en daar ’n brokkie goeie nuus soos dat die brandstofprys nie vandeesweek styg nie (maar eers volgende week).
Verder af in die nuusvoer is ’n sarsie passief-aggressiewe “prentjie-met-boodskap”-inskrywings waar ’n –kennis-van-’n-vriendin-se-vriendin (wat de drommel maak hierdie mense nou weer op my Facebook…?) haar eksman eers probeer oortuig van haar onveranderde liefde en hoe seer haar hart is… en dan weer onomwonde verklaar dat sy versot is op haar enkelloper-status. Dit is sowaar moeilik om by te hou.
Ek sug en besluit om uit te teken. Dit sal beter wees vir my gemoed.
Hoe het dit gebeur dat sosiale media wat veronderstel is om mense nader aan mekaar te bring, so ’n kuberbokskryt en veld vol landmyne geword het?
Eers was dit wonderlik om ou vriende van skool- en universiteitsdae en verlangse familie weer op te spoor en te deel in mekaar se lief en leed. Gesinsfoto’s en grappighede is gedeel en maats kon mekaar via die kuberruim moed inpraat as die lewe druk.
Maar, toe het die sosiale stuk gereedskap begin oorneem en vir baie mense het dit gou ’n geval geword van iets gebeur nie voor ek dit op Facebook deel nie.
Ons het in terme van die beste geposeerde foto, die aangrypendste mededeling en die windmakerigste “check-in” begin dink – en begin lewe.
En, soos die lewe maar is, is alles nie maanskyn en rose nie. Ook nie in die kuberruim nie.
Maar, dit is asof sosiale media die briekaandraai wat mens nog in die regte lewe darem weens ordentlikheid en respek vir ander toepas, toetentaal tersyde stel. Op Facebook en ander sosiale platforms kan mens sê presies wat jy dink en voel oor iemand en jy sal boonop nog beloon word met ’n kuber klop-op-die-skouer in die vorm van ’n aantal “Likes”.
Die gevaar is dat vriendskappe en verhoudings gemeet word aan die hoeveelheid aandag wat jou bydraes op ’n platform soos Facebook geniet.
Die buurvrou wat heeldag boer op Facebook, maar elke liewe foto en inskrywing van jou soos ’n stopstraat ignoreer? Sy is duidelik jaloers (of dalk iets anders, treiter die stemmetjie in jou kop jou) – en gevolglik groet julle half strammerig as julle mekaar in die regte lewe raakloop.
Hoekom dan aankarring met iets wat duidelik nie meer die positiewe doel dien waarvoor dit geskep is nie?
Die slim mense het so ’n jaar of drie gelede begin praat van Fomo – “fear of missing out”. Dit beskryf die amper obsessief-kompulsiewe gedrag van mense om kort-kort te loer wat hulle familie, vriende en kennisse aanvang.
En ook jou sosiale stuiwer in die armbeurs te gooi deur met jou kubervriende te deel waarmee jy besig is.
En dit is hierdie gedrag wat daartoe lei dat die werklike ervaring dikwels afgewater word. Die foto van die skemerkelkie langs die see word soveel keer geneem en afgevee en weer geneem voor dit opgelaai word, dat jy skoon die presiese magiese oomblik dat die oranje son aan die horison raak, mis.
Ek het ’n vriendin wat vanweë haar werk redelik in die openbare oog is. Sy het egter so ’n rukkie gelede na ’n paar nare sosiale media-ervarings besluit genoeg is genoeg.
Sy het haar profiel van sosiale media verwyder en besing dié vryheid: “Ek is baie rustiger as in ’n lang tyd – niks jaag my nie. Ek voel nie meer of ek ADD het nie. Die buitewêreld is weer waar dit hoort: buite.”
Volgens ’n studie wat deur Huffington Post publiseer is, blyk dit dat hierdie ’n wêreldwye neiging raak.
Mense wat voorheen selferkende Facebook-slawe was, besluit doelbewus om nie meer hulle lewe “aanlyn te leef” nie en smag daarna om weer die oomblik in werklikheid te beleef en geniet.
’n New Yorkse maatskappy wat wêreldwye neigings voorspel, JWT, is van mening dat mense “tegnologie begin vrees en verwerp”.
Daar is selfs ’n term geskep om as teenvoeter vir Fomo te dien: Jomo – die “joy of missing out”.
Anil Dash het hierdie term geskep na die geboorte van sy seun nadat hy sowat ’n maand van lyn af was. Hy beskryf die vryheid van ’n lewe wat nie bestaan uit “aanmeld, inteken en deel” nie as “wonderlik”.
Mense wil weer menslike waardes aan ervarings heg en nie deur tegnologie opgeslurp word nie.
Ja, sosiale media dien steeds in baie geval die doel van mense verbind met wie mens weens afstand en besige lewens andersins min tyd mee sou spandeer. Dit bly lekker om “gou in te loer” en te sien watter oulike foto’s jou vriendin in ’n ander dorp opgelaai het.
En party mense se humoristiese Facebook-statusse het nou maar eenmaal die manier om ’n mistroostige dag op te kikker.
Maar, dalk het dit tyd geword dat ons doelbewus afskaal op die tyd wat ons aanlyn bestee en kyk watter positiewe resultate daaruit spruit as ons meer regte tyd in die regte wêreld saam met die mense wat die meeste vir ons saakmaak, bestee.
Sy is nie net die eerste dowe vrou om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word…
Het jy geweet dat meer vroue jaarliks aan hartvatsiektes en beroertes sterf as mans? Gelukkig kan…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 1 ½ koppie gladde medium-vet maaskaas – kamer…
Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…
As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…
Hierdie webwerf gebruik koekies.