Die rolprent het 1,4 miljoen rand ingepalm en ongeveer 32,000 mense het na teaters gestroom, volgens Ster Kinekor Entertainment. Dit was die grootste opening van al die nuwe uitreikings die naweek en het beter gevaar as internasionale titels soos The Book Thief, Grudge Match en Paranormal Activity: The Marked Ones.
FAAN SE TREIN open op nommer 2; kort op die hakke van Leonardo DiCaprio in The Wolf of Wall Street, op die Top 10. Die rolprent het ook beter gedoen as ander onlangse Afrikaanse dramas: Die Wonderwerker en Verraaiers tydens hul openingsnaweke.
Faan se Trein het 9 kykNET Silwerskerm-toekennings ontvang, insluitend Beste Rolprent en Beste Akteur vir Willie Esterhuizen.
Vervaardiger Helena Spring sê sy is verheug oor Faan se Trein se prestasie by die loket. “Dit is werklik ’n universele storie en ek glo dit is hoekom die gehore die film ondersteun.”
Lees meer oor die fliek hier