kategorieë: Ontspanning

Faan se Trein is ’n moet-sien

Die gewilde teaterdrama ‘Faan se Trein’ stoom binnekort tot in fliekteaters landwyd, en saam met die glimlag sal mense ook ’n paar trane wegvee

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Pieter Fourie se bekende teater- drama Faan se Trein is in 1975 die eerste keer in Kaapstad opgevoer en was onmiddellik ’n weghol-sukses. Oor die volgende twee jaar is die toneelstuk na elke teater en stadsaal in Suid-Afrika genooi en meer as 300 000 mense het die verhoogstuk gesien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

En nou het Koos Roets die stuk vir die silwerdoek verwerk en in April 2013 verfilm. Die rolprent met sy hartroerende universele temas sal Suid-Afrikaners vermaak en ontroer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die rolverdeling sluit akteurs soos Willie Esterhuizen, Deon Lotz, Anel Alexander, Marius Weyers, Cobus Rossouw, Sandra Kotzé, AJ van der Merwe en Gamiet Pietersen in.

Die vervaardiger van Faan se Trein, Helena Spring, het onlangs die 2013 Mbokodo Vroue in Kuns-prys vir haar bydrae tot die Suid Afrikaanse rolprentbedryf gewen. Haar rol-prente het plaaslik en oorsee al talle pryse gewen, en in 2005 het haar fliek Yesterday Oscar- en Emmy-benoemings as beste buitelandse fliek gekry. Onlangse prente is Mad Buddies, die eerste Suid Afrikaanse fliek wat in samewerking met Disney vervaardig is, die internasionaal bekroonde The First Grader en die wrange komedie Jozi. Maar op Faan se Trein is Helena die trotsste. Dié fliek is ook die 2013-wenner van kykNET se Silwer-skermfees-prys vir Beste Rolprent.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Faan se Trein speel hom in die laat vyftigerjare op ’n Karoo-dorpie af en handel oor ’n eenvoudige, middeljarige man wat nooit verby die onskuld en eenvoud van ’n jong kind ontwikkel het nie. Toe sy pa sterf, laat hy al sy besittings aan Faan en die kerk na. Onmiddellik verskeur gierigheid die gemeenskap … totdat liefde hulle weer tot hul sinne bring.
’n Ikoniese verhaal wat jou laat glimlag terwyl jy ’n traan wegvee.

Willie Esterhuizen, die gewilde akteur wat dalk bekender is vir sy vertolking van komiese rolle, bestempel die veeleisende, dramatiese rol van Faan as die hoogtepunt van sy loopbaan. Willie het sy eie projekte vir twee maande opgeskort om “hierdie rol van ’n leeftyd” te kon speel. Hy is op kykNET se Silwerskermfees as Beste Hoofspeler aangewys en die fliek het nege toekennings gewen.

Faan se Trein begin op 24 Januarie 2014 landwyd in teaters wys.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

21 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

21 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

22 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

24 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.