kategorieë: KalenderOntspanning

Evita kom Suid-Afrika toe!

Andrew Lloyd Webber en Tim Rice se musiekblyspel Evita (wat sewe Tony’s gewen het) volg die storie van die Argentynse presidentsvrou Evita Péron. Sy het die harte van haar landgenote verower nadat sy met die militêre leier – wat later president geword het – Juan Péron getroud is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die verhaal speel hom tussen 1934 en 1952 af, en volg Evita Duarte Péron op ’n passievolle en tragiese reis. Dié dogtertjie uit ‘n brandarm gesin was later ‘n suksesvolle aktrise en die magtigste vrou in Suid-Amerika. Ná sy op 33 aan kanker dood is, is sy byna as ‘n soort heilige beskou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tim Rice en Andrew Lloyd Webber se Evita is ikonies, daarvan getuig die rits pryse wat die blyspel gewen het. Die rolprentweergawe met Madonna en Antonio Banderas in die hoofrolle het ook met ‘n Oscar of wat weggestap. Van die gewildste liedjies uit die blyspel sluit “Don’t Cry for Me Argentina”, “On This Night of a Thousand Stars”, “Oh What a Circus”, “High Flying”, “Adored”, en “Another Suitcase in Another Hall, asook die Oscar-bekroonde “You Must Love Me” in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hal Prince, wat die regie behartig vir hierdie vertoning van Evita, het al 21 Tony’s gewen – die enigste regisseur wat al soveel in die sakkie het. “Ek is so opgewonde om die regie van hierdie oorspronklike produksie van Evita te behartig. Ek dink dis Andrew en Tim se beste werk, en Suid-Afrikaanse gehore kan na iets ongeloofliks uitsien,” sê Prince.

In hierdie Evita vertolk Suid-Afrika se eie Jonathan Roxmouth (Grease, Beauty and the Beast, Phantom of the Opera, Sunset Boulevard, Sweeney Todd) die rol van Che Guevara en Emma Kingston (In the Heights, Les Misérables) is Eva Péron – Andrew Lloyd Webber, Tim Rice en Hal Prince het haar persoonlik gekies. Robert Finlayson word terug verwelkom op die verhoog as Juan Péron. Die choreografie word deur die oorspronklike Weseinde- en Broadway-vertonings se choreograaf, Larry Fuller, behartig en die stelontwerp is deur die  oorspronklike ontwerper, Timothy O’Brien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meer inligting

Johannesburg: Die Teatro by Montecasino vanaf 14 Oktober tot 26 November 2017

Kaapstad: Kunstekaap (Artscape) Opera vanaf 1 Desember 2017 – 7 Januarie 2018

Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

5 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

12 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

12 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.