* Sien die artikel “Ek kom klaar sonder …” op bl. 42 van ons Februarie-uitgawe.
Rou ertjieslaairesep
3 sagte dadels
1 suurlemoen
2 ryp avokadopere
250 g gevriesde baba-ertjies
1 teelepel rou appelasyn
1 teelepel borrie
Metode:
– Sny die dadels in klein stukkies en week oornag in die uitgedrukte suurlemoensap.
– Druk die avokadopeerweefsel fyn saam met die dadelmengsel.
– Gooi die res van die bestanddele by en meng.
– Geniet op rou vlassaad of soortgelyke kraakbeskuitjies.
Let wel – die slaai het ’n “tieng” as die ertjies gevries bygevoeg word.