kategorieë: Leef gesondGesondheid

Europa se topverkoperformule het in Suid-Afrika aangekom!

Ons verstaan die daaglikse stressors wat Suid-Afrikaners in die gesig staar – die vol skedules, konstante skermtyd en die druk om met die vinnige pas van ons leefstyl by te hou. Maar met MetaRelax kan jy uiteindelik vir stres ’n blaaskans gee en ’n gelukkiger, rustiger jy omarm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

MetaRelax, wat met ’n kragtige 4-in-1-kombinasie van folaat, magnesium, B-vitamienes, vitamien D en tourien geformuleer is, is jou oplossing om stres hok te slaan en ’n positiewer gemoed en ontspanning te bevorder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Magnesium is ’n mineraal wat natuurlik voorkom en absoluut noodsaaklik is vir ons senuwee-, muskuloskeletale en kardiovaskulêre stelsel om goed te funksioneer. Dit kom in heelwat kosse voor; veral in blaargroentes. Ongelukkig met ons moderne dieet van verwerkte en verfynde kosse kry die meeste mense nie die aanbevole daaglikse hoeveelheid magnesium in nie.

Vitamien B6 help om die natuurlike aktiwiteite en balans van jou neurotransmittors te ondersteun, wat gamma-aminobottersuur (GABA) en glutamaat insluit. GABA het ’n kalmerende, ontspannende uitwerking, terwyl glutamaat jou stimuleer. Magnesium mag ’n tipe glutamaatontvanger, wat NMDA genoem word, keer wat sodoende die stimulasie van glutamaat sal verminder.

Folaat en vitamienes V6 en B12 is noodsaaklike voedingstowwe wat by eenkoolstofmetabolisme betrokke is. Die optimale funksionering van hierdie paadjie is noodsaaklik vir die formulering van metionien en die daaropvolgende vorming van S-adenosielmetionien (SAMe). SAMe is belangrik in die sintese van neurotransmittors, soos serotonien, wat ’n positiewe gemoed en fisieke en geestelike welstand meebring. Vitamien B6 is ook ’n mederolspeler daarin om die sintese van GABA by te staan.

Vitamien D wat noodsaaklik vir beengesondheid is, speel ’n rol in die regulering van jou gemoed. Die liggaam vervaardig vitamien D wanneer dit aan sonlig blootgestel word en verkry dit van sekere kosse en aanvullings. Die gebrek daaraan is egter algemeen as gevolg van ons moderne binnenshuise leefstyle en swak diëte. ’n Gebrek aan vitamien D word met verhoogde angs geassosieer aangesien vitamien D die ontvangers van neurotransmittors in die brein beïnvloed wat met jou gemoed gepaardgaan. Om dus die gebrek aan te spreek kan bydra daartoe dat jy jou angs beter kan bestuur wat jou emosionele welstand oor die algemeen verbeter.

Eksperimente wat op diere uitgevoer is, het gewys dat die aminosuur tourien neurobeskermende en anti-oksidatiewe eienskappe in die brein het; dit speel ook ’n rol in die modulering van die brein se chemiese omgewing.

MetaRelax is vir mense ontwerp wat die volgende probleme in die gesig staar:

  • Irritasie of rusteloosheid
  • Sukkel om te ontspan
  • Stresverwante moegheid

Binne net drie tot vyf dae sal jy vinnige verligting van irritasie, rusteloosheid en moegheid ervaar wat jou sal help om af te skakel en ’n goeie nagrus te kry om jou energievlakke ’n hupstoot te gee.

MetaRelax bied verbeterde opname en weerstand binne jou derms, wat hard werk om 24 uur se ondersteuning te bied sodat jy dag en nag kan ontspan. Of jy daarna op soek is om te rus en te herstel, om te ontspan of om jou skoene aan te trek en te dans – MetaRelax is daar vir jou.

Heelwat mense het die talle voordele van MetaRelax ontdek en leef vandag hul beste lewens. Vra jou gesondheidspraktisyn of vind uit by jou naaste apteek of gesondheidswinkel. Gee stres ’n blaaskans met MetaRelax – want jy verdien dit.

Metagenics is ’n gesertifiseerde B-korporasie wat beteken wanneer jy Metagenics kies, jy ’n trotse vennoot van ’n maatskappy kan wees, wat hulself wetlik tot die planeet verbind en onwrikbaar verenig staan agter ’n doel om mense te help om gesonder, gelukkiger lewens te lei.

Lees ook: Veg of vlug? Hier’s wat jy oor stres en angs moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

14 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

15 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

18 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

19 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.