kategorieë: WenkeSkoonheid

Estetiese prosedures: neem hierdie in ag

’n Goeie reputasie is belangrik

Maak seker dat die dokter en kliniek wat jy besoek ’n goeie reputasie in die estetiese veld het en dat daar goed opgeleide personeel (dokters, terapeute, susters, ens.) is wat jou belange op die hart sal dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook meer oor “Microblading”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Weet wat jou pla

Evalueer jouself goed – dalk voor ’n spieël – en kyk wat jou die meeste pla wanneer jy na jouself kyk. ’n Dokter kan dan alleenlik die beste aanbevelings vir jou maak oor behandelings. Dit help nie om vir die dokter te sê: “Dokter, jy’s die expert, watter behandeling stel jy voor?” nie. Die dokter kan dan enige voorstel maak, soos dat jy moet begin met ’n neurotoksien-inspuiting, terwyl jy eintlik hulp met die ekstra rolletjies wat so skelm en onverwags rondom jou middel kom wegkruip het, wil hê. Dit gaan jou negatief maak en dit gaan verseker langer neem en die aanbeveling is eerder dat jy en die dokter ’n gemaklike dokter-pasiënt-verhouding ontwikkel. Wees eerder eerlik met jouself en praat jou hart uit teenoor jou dokter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Begroot

Beplan vooraf hoeveel jy bereid is om te spandeer en bespreek dit met jou dokter. Dit sal die dokter ook help om ’n geskikte pakket vir jou saam te stel, wat jou sak sal pas.

Moenie estetiese prosedures voor ’n spesiale geleentheid laat doen nie

Onthou dat estetiese prosedures soms aanleiding kan gee tot blou kolle of swelling, so moenie so iets doen kort voor ’n groot geleentheid nie.

Dit verg instandhouding

Estetiese behandelings is nie net ’n eenmalige prosedure wat maak dat jy vinnig 5-10 jaar jonger lyk nie. Jy moet bereid wees om ’n pad te stap met jou estetiese dokter. Veroudering is ongelukkig ’n volgehoue proses, so ook moet die onderhoud en sorg van jou vel wees. Estetiese behandelings vir ouderdom is soos ’n leiband om ’n haastige Jack Russel se nek. Mens moet so elke nou en dan die band styftrek sodat die Jack Russel nie vir jou weghardloop nie, net so help estetiese behandelings om die verouderingsproses ’n bietjie te rem.

Wat kan jy tuis doen om jou mooiste vel te verseker

  1. Gebruik ’n geskikgte gesigwas twee keer per dag.

Was jou gesig twee keer per dag met ’n geskikte gesigwasmiddel vir jou vel. Showergel is nie altyd die gewenste reiniger nie en kan jou vel geweldig uitdroog.

  1. Gebruik die regte produk vir ju veltipe

As jy ’n velprobleem soos aknee, pigmentasie of rosacea het, moet jy die geskikte produk(te) vir die toestand kry.

  1. Bevogtiger is belangrik

Jou vel het ’n gewenste bevogtiger nodig, selfs al het jy ’n olierige vel. Jou estetiese dokter sal jou kan help om die geskikte produk te kry.

  1. Sonblok is ’n moet

Sonblok, sonblok, sonblok met SBF 50! Dit is van kardinale belang.

  1. Was jou grimering af voor jy gaan slaap

Moet NIE met grimering aan gaan slaap nie.

  1. Hou op rook

Rook ontneem jou vel van een van sy belangrikste oorlewingsagente, naamlik suurstof, so as dit een van jou slegte gewoontes is, hou op.

  1. Eet gesond

Gesonde eetgewoontes is belangrik vir jou vel se gesonheid.

  1. Derm-restourasie is belangrik

Laastens is derm-restourasie van kardinale belang. Jou vel en jou hele dermkanaal ontwikkel uit dieselfde deel wanneer jy as baba in jou ma se baarmoeder groei, naamlik die ektoderm. Van ’n eksterne oogpunt beskerm jou vel jou teen alles wat in die omgewing voorkom en wat jou liggaam kan beskadig en van ’n interne oogpunt beskerm jou dermwand jou teen alles wat jy deur jou mond inneem. Ek sê altyd dat die vel van ons gesig soos die paneelbord van ’n motor is. Hoe weet jy jou motor se petrol is op? Die rooi liggie op die paneelbord begin flikker. Hoe weet jy dat jou derm ongesond is? Jou gesig gaan vir jou sê. ’n Holistiese benadering gaan veel beter resultate vir jou gee as wanneer jy jou vel as ’n entiteit op sy eie behandel.

Lees ook: Bevogtig jou somervel

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

5 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

6 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.