Genoeg vir 6
Espressojellie
Ingredients
- 20 ml (4 t) poeiergelatien
- 250 ml (1 k) water
- 90 ml (6 e) fyn espressokoffie
- 720 ml kookwater
- 180 ml (¾ k) strooisuiker
- 5 ml amandelgeursel
Instructions
1 Strooi die gelatienpoeier oor die water, laat vir minstens 5 min. staan.
2 Sit die espresso-koffiepoeier in ’n koffieperkoleerder en gooi die kookwater by. Laat staan vir ’n paar minute.
3 Meng die koffie en gelatien en gooi in ’n middelslagkastrol. Verhit oor matige hitte, maar moenie dat die mengsel kook nie. Voeg die suiker en amandelgeursel by en roer tot opgelos. Laat afkoel.
4 Gooi in ’n plat, reghoekige bak van 25 cm x 20 cm x 3 cm en sit oornag in die yskas sodat dit kan stol.
5 Keer die bak op ’n plastiek-kapplank uit. Doop ’n 3 cm-metaalkoekiedrukker vinnig in warm water en druk sirkels uit die jellie.
As jy nie ’n koekiedrukker het nie, kan jy ’n mes in warm water druk en die jellies in blokke sny. Rol in strooisuiker om hulle feestelik te laat lyk.