12 porsies
Bestanddele:
300 g botter, gesmelt
72 g kakao
2 groot eiers
260 g strooisuiker
60 ml (¼ k) koffiepoeier (verkieslik espresso)
4 ml Kahlua-likeur (opsioneel)
90 g koekmeel
3 ml (½ t) bakpoeier
Metode:
- Voorverhit oond tot 180 °C. Voer vierkantige koekpan van 22 cm uit met bakpapier en smeer papier.
- Meng 50 ml van gesmelte botter met kakao tot daar geen klonte is nie.
- Voeg dan res van gesmelte botter by.
- Klits eiers, strooisuiker, koffiepoeier en likeur, as gebruik, met elektriese klitser.
- Voeg die botter-en-kakao-mengsel by en klits tot net gemeng.
- Sif meel en bakpoeier saam en klits by mengsel.
- Giet beslag in voorbereide pan en bak ongeveer 30 minute tot gaar. Die brownies sal nog effens sag wees, maar word stywer as dit afkoel.
- Laat heeltemal afkoel, sny in blokkies en lig dit uit pan met slaplemmes.