Esna sê:
• Die heel belangrikste wenk vir my is om my gesig in die aande te “double wash“, sodat ek ’n baie skoon gesig kan hê. Daar is ook ’n spesiale manier om jou gesig te “double wash“. Die eerste was is baie oppervlakkig om net eers jou grimering en die dag se besoedeling af te was. Die tweede was is dieper (lekker diep) om seker te maak jou porieë is skoner (ek wens ek het dit reeds as ’n jong meisie geweet). As my vel droog voel, hou ek van die Platinum Soft Creamy Cleanser, of as dit nie só droog voel nie, die Placecol Platinum Mild Foam Cleanser.
• Tonikum help ook om jou vel se PH-balans reg te stel en te bevogtig.
• Dan is ek mal daaroor om een keer per week die Placecol Gentle Exfoliating Serum te gebruik. ’n Masker om jou vel op te kikker is ook fantasties, ek hou baie van die Platinum Hydro Firm Mask een keer per week.
Watter versorgprodukte gebruik jy daagliks?
“Ek gebruik die BIOEFFECT EGF-oogserum en die BIOEFFECT-serum, net omdat ek weet dat dit die heel beste produk in die wêreld vir jou vel is en omdat dit regtig maklik is om te gebruik!”