kategorieë: KalenderOntspanning

Eseltjiesrus boekefees, McGregor

Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Winskoopjagters en boekwurms kan weer na hartelus kom snuffel by die 12de jaarlikse Boekefees op McGregor.  Of jy nou na kookboeke, reisverhale, kinderboeke, digbundels of ’n skaars en kosbare kleinood soek, jy behoort dit tussen die duisende tweedehandse boeke te vind. Nuwe voorraad word elke dag uitgepak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nie net word meer as 15 000 boeke van ’n groot verskeidenheid onderwerpe teen winskooppryse aangebied nie, maar elke boek wat verkoop word, help met die versorging en rehabilitasie van donkies wat uit haglike toestande gered word en by Eseltjiesrus Donkey Sanctuary gehuisves word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Eseltjiesrus is ’n permanente tuiste vir bejaarde, verwaarloosde en mishandelde donkies net buite McGregor. Eseltjiesrus het ook ’n bron van inligting geword en hanteer daagliks navrae van oor die hele land oor goeie versorging. Elke donkie wat gehelp word, is een minder wat pyn, ongemak of angs hoef te verduur.

Die sukses van hierdie jaar se Boekefees op McGregor gaan weer ‘n onontbeerlike rol speel in die komende jaar se werksaamhede by Eseltjiesrus. Die gemeenskap vind ook op verskeie maniere baat daarby. Werk word geskep, boeke word geskenk aan skole en biblioteke in die groter Langeberg-gebied en vanjaar is daar ook ’n Storievertel- en Leesteater vir kinders.   Vrywilligers gaan daagliks vir kinders stories vertel en by die Boekefees. Die boeke word dan aan die Breede-vaardigheidsentrum geskenk sodat die kinders in die weke daarna verder kan gaan luister. Hierdie projek wil ’n kultuur van lees by kinders kweek, want niemand behoort die vreugde van lees misgun te word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is stapels Afrikaanse boeke, skaars boeke en spesiale geskenke vir ’n ieder en elk. Bederf jouself en kom kuier die naweek van 18 – 20 Mei op McGregor en vul jou voorraad lekker leesstof aan vir die winter wat voorlê.

Vir meer inligting bel 023 625 1593, stuur ‘n e-pos aan bookfair@donkeysanctuary.co.za of besoek hul webtuiste.

Vir akkommodasie kontak McGregor se toerismekantoor: 023 625 1954

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

5 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

5 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.