Die stapper en skrywer Erns Grundling is in Januarie 2025 terug op die kassie in die sewende seisoen van die Safta-bekroonde leefstylreeks Elders. Die nuwe seisoen, Elders: Ligtoringroete, begin op Maandag 6 Januarie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hierdie is die derde seisoen waarin Erns ’n plaaslike roete in die Pelgrimstog van Hoop-netwerk stap. In 2020 het hy tydens die pandemie die roete van Kaapstad tot Kaap Agulhas gevolg en in 2022 van Uniondale tot Mosselbaai.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Nou stap Erns die nuwe Ligtoringroete tussen die ikoniese ligtorings van Mosselbaai en Kaap Agulhas. Die roete is sowat 340 km lank en pelgrims stap dit gewoonlik oor 17 dae.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Erns en die span van Bonanza Films het egter ’n maand lank op die roete spandeer en geskiet, aangesien dié seisoen ook verskeie uitstappies in die omgewing insluit. Die roete strek eers kuslangs van Mosselbaai tot by Jongensfontein, daarna die binneland in tot by Malgas, en dan verder deur die Overberg naby Bredasdorp verby en weer kuslangs tussen Struisbaai en Kaap Agulhas.
“Daar het baie gebeur sedert Elders: Frankryk in 2023,” sê Erns. “Ek het pa van twee identiese seuntjies geword, en kykers gaan vir André Jakkals en Henry Wolf ontmoet in die eerste episode. Dit was moeilik om my vrou, Catharien, en twee babas van vier maande oud by die huis agter te laat vir ’n maand, maar dit was ook ’n groot voorreg om hierdie fantastiese nuwe roete te verken en op film vas te lê.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Kykers kan benewens die stap uitsien na ’n paar verrassende aktiwiteite. Erns swaai ’n gholfstok op Pinnacle Point, speel muurbal teen ’n 82-jarige legende op Boggomsbaai, ry ’n gewilde 4×4-roete buite Vleesbaai, bestuur ’n trekker op die plaas Bosheuwel en voer ’n hanslam bottelmelk op Klipfontein Keep naby Struisbaai. Hy geniet ook wat hy beskryf as “waarskynlik die lekkerste roosterkoek van my lewe” in Melkhoutfontein naby Stilbaai.
Soos in vorige seisoene stap Erns ook saam met plaaslike inwoners en bekende gaste. Van die gaste sluit persoonlikhede in soos Lyntjie Jaars, Lindie Stander, Frazer Barry, Hamilton Wessels, Bibi Slippers en Johan Badenhorst. Hy het ook saam met die skreeusnaakse komediant Nik Rabinowitz tussen plase in die Overberg gestap.
“Ek loop nie net saam met iemand omdat hy of sy bekend is nie,” sê Erns. “Ek nooi ’n gas met wie ek ’n verbintenis het of iemand wat my inspireer. Dit help natuurlik ook as die persoon hou van stap.”
’n Interessante nuwe fokus van hierdie seisoen is onderhoude met die herbergiers langs die roete. Kykers kan dus uitsien daarna om die gashere by die onderskeie blyplekke beter te leer ken.
“ ’n Groot kenmerk van die Pelgrimstog van Hoop se roetes is die ongelooflike gasvryheid van die herbergiers. Op die Ligtoringroete het ek dit weer eens ervaar,” vertel Erns.
“Daar is groot geesdrif onder die herbergiers wat ons met ope arms en borde vol smullekker kos verwelkom het. En kykers kan uitsien na dieselfde ervaring indien die reeks hulle inspireer om ook die roete te stap.”
Erns lig weer sy rooi hoed vir die span van Bonanza Films. “Dit verg ’n spesiale span om so ’n uitdagende projek te verfilm, wat honderde kilometer se stap met swaar toerusting insluit. Dit bly vir my die lekkerste en mees bevredigende werk om saam met hierdie band of brothers ’n Elders te skiet,” sê Erns.
Elders: Ligtoringroete word moontlik gemaak deur Toyota SA, kykNET, Eksekuteurs en Jakkalsvlei Private Cellar.
Elders: Ligtoringroete begin 6 Januarie 2025 om 20:00, net op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.
Lees ook: Margaret Gardiner oor ‘A Real Pain’ se sterre – Kiernan Culkin leer vir Jesse Eisenberg ’n lewensles
Hierdie pap kan ook poeding wees dis sooo lekker!
Dié kosreeks, wat in die Overbergse stranddorp Struisbaai verfilm is, begin Donderdag 6 Februarie om…
Foto’s: Christoph Hoffmann. Suster Naomi Koster is een van die gewildste karakters in Binnelanders.…
Ligte tot matige dehidrasie is in ’n warm land soos Suid-Afrika eintlik baie algemeen, sê…
Begin deur ’n tema te kies. Vir ’n vertikale proe hou jy by dieselfde wyn,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.