Deur Suzanne Kotzé. Hooffoto Verskaf
Raai soos watter Franse aktrise sy voel met haar nuwe kort bob?
Audrey Tautou in Amelie!
Psst … as jy nog nooit Amelie gekyk het nie, loer gerus hier na die lokprent.
Erica vertel ons van haar nuwe styl
“Die idee van transformasie fassineer my nog altyd. En hare sny is seker maar ’n eenvoudige, maklike manier van hiermee eksperimenteer. Hare groei mos terug! My hare was al platinumblond, donker én ligte bruin, goudgeel, kort, lank, sonder ’n kuifie en nou met ’n kuifie met ’n kort bob. Ek voel so ’n bietjie soos Amélie: Die Franse bloed gons hier binne my met dié haarstyl. Kort hare is eintlik so maklik! Ek geniet dit sover!”
Hier is ’n paar van Erica se pragtige haarstyle
Brunette met ’n lob
Brunette met lang hare vir ons Augustus 2017-uitgawe
’n Blonde lob vir rooi rose se Januarie 2016-uitgawe
Lees ook: Teruggekamde bob – doen dit so