kategorieë: Ontspanning

Erfenis-reeks vir Lozärn Wines bekendgestel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die restaurant, ëlgr wat pas twee sterre ontvang het in die Eat Out-toekennings 2023, was gasheer vir die middag, en vir ’n viering van ’n ander aard: die bekendstelling van Lozärn Wines buite Bonnievale se Heritage-wynreeks én die 100ste verjaardag van die plaas. Doornbosch, wat ’n eeu gelede deur Sebastian en Kathleen (Ouma Kay) Smuts gekoop is en vandag die tuiste van Lozärn Wyne is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die geleentheid? Wel, eerstens vra Internasionale Carménèredag sekerlik vir ’n feesviering en as dit gedoen kan word met Lozärn Wines se liplekker Carménère Ivan S. 2022, des te beter.

Wynmaker Salome Buys-Vermeulen en die vyfde geslag Smuts, Margarite, het trots die wyne aan gaste bekend gestel. Salome en haar man, Sybrand is die harde werkers agter die wyn handelsmerk. Lozärn was die eerste wyn handelsmerke om enkelkultivar Carménère te maak en ook die Carménère Rosé vry te stel.

Sy het vertel Lozärn Wines pars jaarliks 55 ton en is die kleinste kelder in die vallei en spog vandag met 13 wyne. Lozärn – die Swis-Duitse uitspraak van Lucerne – se etikette spog met ’n eend-geraamte, om hulde te bring aan die plaas se suksesvolle pluimveeboerdery. Ouma Kay is ook vereer met ’n Bordeaux-styl rooi, Kay’s Legacy.

Ouma Kay is ook vereer met ’n Bordeaux-styl rooi, Kay’s Legacy.

Le Roi van de Vyver en Jesper Nilsson, eienaar van ëlgr het die kos- en wynpasmaat vir die middagete behartig. Die restaurant se naam is ou Noors vir ’n “moose” en bring hulde aan Jesper se Sweedse herkoms.

Gaste kon met hul aankoms peusel aan beet, kasjoeneut, koljander en sultana happies; ook bokmelkkaas met geroosterde pepers en oesters met ’n habanero mayo.

Die eerste gang was ’n charcuteriebord met waatlemoen en bokmelkkaas, tuisgebakte brood en ricotta. Die tweede gang was ’n verskeidenheid van wit pizza met murgpampoentjie en roosmaryn; babaskorsie met rady en breëbone met knoffel suurroom en ander vars slaaie. Die derde gang was vark met geroosterde kool, appelkoos, tiemie en mostert jus.

Nagereg was bloedlemoen semifreddo en olyfolie. Die kos is met die drie wyne in die Heritage-reeks: Carménère Ivan S. 2022, Sebastian Chardonnay 2022 en Kay’s Legacy 2020 gepasmaat. Die wyne is almal vernoem na Smutse omdat hulle so ’n groot rol in die wyne se herkoms gespeel het.

Die eerste oesjaar van Lozärn Wines is in 2017 vrygestel.

Lees ook: Nuwe hoofstuk vir Solms-Delta

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

12 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

13 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

13 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

15 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

17 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.