Vier vanjaar se Erfenis Dag met ’n heerlike familie-ete by die Pierneef à La Motte Restaurant op die Kaapse Wynland.
Gaste kan uitsien na ’n tradisionele middagete met ’n verskeidenheid brode, voorgeregte, ’n seleksie van disse vir die hoofgereg en natuurlik ’n verruklike nagereg om die dag mee af te sluit.
Wanneer: Saterdag, 24 September vanaf 11:30 – 15:30
Koste beloop R325 per persoon (uitsluitende enige wyn). Kinders onder 12 het die opsie om teen R125 die spyskaart te deel.
Vir besprekings stuur ’n epos na [email protected] of skakel +27 (0)21 876 8800
Besprekings is noodsaaklik.