Hoe kies ek die regte troeteldier vir my huishouding? deur Ilse Salzwedel
Ons diere & hul giere Episode 2: Wat is fout met my hond? Algemene siektes wat honde kan kry en wat jy kan doen
Nie alle hond- of katrasse gaan by enige persoon of gesin pas nie. Luister hoekom dit so belangrik is dat jy die regte soort troeteldier vir jou huishouding en leefstyl kies, en hoekom dinge soos sosialisering en “puppy classes”so belangrik is. En watter ras is die beste vir asmalyers of kinders en mense wat allergies is vir diere se hare? En onthou ook om jou kinders te leer om reg op te tree teenoor die gesin se troeteldiere. En het jy geweet dit is beter om eerder ‘n paar weke te wag tussen twee honde wanneer jy meer as een dier gelyk wil aanskaf? (Sommige diere ontwikkel “litter mate”-sindroom wat kan lei tot probleemgedrag.) Dr. Didi Claassen gee praktiese raad wat jou beslis sal help om die regte keuse te maak.
Dr. Didi Claassen is ‘n veearts en spesialis veterinêre patoloog