As daar nie ‘n koel bergpoel in jou onmiddellike omgewing is waarin jy die somerhitte kan ontduik nie, is daar dalk ‘n swembad. Swembaddens is een van die beste uitvindsels ooit – mits hulle iemand anders se verantwoordelikheid is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ek het op ‘n ou huis verlief geraak en dit gekoop, ten spyte van die swembad in die agterplaas. Wie luister nou na haar gesonde verstand as staalplafonne, ‘n vredige atmosfeer en rankplantbegroeide mure met haar praat?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Sedertdien het ek ‘n intieme verhouding met die ma en dogterspan by die plaaslike swembadwinkel ontwikkel. Vra, en hulle verskaf die antwoord. Ek kan my voorstel hoe Merlyn, die legendariese druïde uit die tyd van Koning Arthur, se oë sou rek as hy kon sien hoe my swembad oornag van paddaslikgroen na skitterblinkblou verander.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ná die vakansie was die scenario egter nuut. In my afwesigheid het ek – sonder my medewete – ‘n suksesvolle muskietteelstasie in my agterplaas begin. Die elektrisiteitstoevoer na die swembadpomp het die gees gegee en die gevolg was ‘n indrukwekkende aantal krioelende, dun, swart lyfies in my swembad. Dit het ‘n man gekos om my te oortuig dis muskietlarwes.
Eeeeeuw!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ek wonder of die waternimfe uit die Griekse mitologie ook met afgryse op ‘n muskiet-infestasie sou reageer. Dalk sou hulle in my geval ‘n padda-leërmag aanbeveel. Dit sou natuurlik interessante moontlikhede skep. Wat as daar ‘n paddaprins onder die muskietvreters sou skuil?
Terwyl ek reeds myne gevind het (‘n prins, nie ‘n padda nie) sou dit sake net ingewikkeld maak. Nee wat, dié keer bly ek by die tegnologie. Hoewel die mitologie nie te versmaai is nie. Hoe het die nimfe dit nou weer reggekry om die manne van hul keuse konstant in ’n staat van betowering te hou?
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.