1 Sif die meel en sout in ’n groot mengbak of op ’n werkvlak. Maak ’n holte in die meel, breek die eiers daarin en voeg die olie by. Werk die eiers met jou vingers bietjie vir bietjie by die meel in.Engeltjiehaarpasta met vanieljeroomsous
Ingredients
Instructions
2 Voeg die water by indien nodig en meng tot ’n stywerige deeg.
3 Sit die deeg op ’n skoon werkvlak en knie tot glad en elasties. Maak toe met kleefplastiek en laat rus vir minstens 30 min. in die yskas.
4 Verdeel die deeg in 4-5 ewe groot stukke. Stel die pastamasjien op die dunste stelling en rol die deeg uit. Laat die deeg vir 5-10 min. ’n bietjie uitdroog. As dit ’n leeragtige voorkoms het, is dit reg om deur die masjien gesny te word. Strooi meel oor die pastamasjien en rol weer deur die fynste stelling. Hou eenkant.
5 Kook intussen die room, vanieljesaadjies en -peul oor matige hitte af tot dit verdik en met die helfte verminder het. Geur met sout. Smelt die botter en swartpeper in ’n ander kastrol.
6 Kook die pasta vir ±2 min. in borrelende kookwater tot al dente (sag, maar ferm). Skep in die kastrol met die roomsous en roer tot die pasta met die sous bedek is.
7 Verdeel die pasta tussen vier borde. Maak ’n “nessie” deur die pasta om ’n vurk te draai en gooi van die botter om die pasta. Sit voor met ’n skeppie kaviaar boop.