Sy persoonlike foto-reeks, Aqueous, is alombekend en het groot opslae in die kunswêreld gemaak. ’n Videogreep van dié reeks was tydens die koningin se Diamond Jubilee-konsert op die mure van die Buckingham Paleis tydens Sir Paul McCartney se optrede van die Beatles se treffer, Magical Mystery Tour, geprojekteer.
Hier is ’n paar van sy pragstukke:
Dit blyk of water ’n muse vir talle fotograwe en kunstenaars is. Selfs een van ons gunstelingfotograwe, Johan Wilke, was al vantevore deur water geïnspireer. Hier is van die foto’s wat hy vir ons modeblaaie geneem het: